loading
Artikels
7 maande gelede
sukkel-jy-met-ki-in-die-werkplek-bemagtig-jouself-so

Foto Krediet: OkayDeer

Sukkel jy met KI in die werkplek? Bemagtig jouself só

Deur Nico Strydom

Suid-Afrikaners is baie bereidwillig om kunsmatige intelligensie (KI) in die werkplek in te span en daarby aan te pas, maar sukkel nog om dit behoorlik te gebruik.

Volgens ʼn onlangse studie wat deur Boston Consulting Group (BCG), The Network, The Shepstone Group en CareerJunction uitgereik is, is ʼn allemintige 90% van werknemers gereed om nuwe vaardighede aan te leer rakende die gebruik van KI in die werkplek.

“Ons sien ʼn evolusie van werknemers se sienings rakende KI en ʼn deurslaggewende erkenning dat toewyding daaraan om hul vaardighede voortdurend te slyp, sal verseker dat hulle op die langtermyn indiensneembaar sal bly,” sê Jacqueline Foster-Mutungu, besturende direkteur en vennoot by BCG se streekskantoor in Johannesburg.

Suid-Afrikaners gebruik KI in die werkplek vir studies, leer en navorsing, geskrewe take en administratiewe take. Hulle grootste uitdaging in die gebruik van KI is stadige internet en ander tegniese uitdagings, sowel as die onbeskikbaarheid van betroubare data en onkunde oor hoe om versoeke aan KI-modelle in te voer.

Volgens Foster-Mutungu is dit kommerwekkend dat Suid-Afrikaners oor die algemeen meer geneig is om die finale uitset wat deur ʼn KI-model gegenereer is, direk te gebruik sonder enige verdere verbetering. Dit is veral opvallend onder KI-nuwelinge, terwyl kundige gebruikers geneig is om die finale uitset te hersien en veranderinge en verbeterings aan te bring voordat hulle dit gebruik.

Volgens ʼn verslag van Top Employers Institute is dit veral Generasie Z-werknemers (gebore tussen 1997 en 2013) wat optimisties is oor die impak wat KI op die werkplek gaan hê.

Meer as 64,5% van die plaaslike respondente is van mening dat dié tegnologie hul loopbaanvooruitsigte sal verbeter. Boonop dink 82% dit sal hulle help om nuwe vaardighede aan te leer, 70% voel dit sal hul doeltreffendheid verhoog en 58,5% is vol vertroue dat KI nuwe werksgeleenthede sal skep. Verder het 73,5% die hoop uitgespreek dat dit ʼn beter werk-lewe-balans sal verseker.

Tegnologie ontwikkel teen ʼn ongelooflike tempo. Wat vandag as toonaangewend beskou word, kan binne ʼn paar maande verouderd wees. Om aan die voorpunt van tegnologiese vooruitgang te bly, moet ʼn mens dus voortdurend nuwe vaardighede aanleer om jouself te bemagtig.

Voortgesette leer kan ook lei tot loopbaanbevordering. Baie werkgewers waardeer werknemers wat hul vaardighede uitbrei, en dit kan lei tot bevordering of verhoogde verantwoordelikhede binne ʼn maatskappy. Daarbenewens dra voortdurende leer by tot werksbevrediging. Die gevoel van persoonlike groei en die bemeestering van nuwe vaardighede kan ʼn groot gevoel van prestasie gee, wat lei tot groter motivering en toewyding tot jou werk. Solidariteit bied nagenoeg 150 kursusse vir voortgesette leer aan wat jy in die gemak van jou huis aanlyn kan voltooi, én dit is gratis vir lede! 

Danksy Solidariteit, kan jy op hoogte bly van die jongste tendense en nuus binne jou beroep, soos hoe KI jou kan help om in jou beroep uit te blink. Skakel in by jou Solidariteit-beroepsnetwerk en word bemagtig in ons vinnig veranderende wêreld van tegnologie.

Sluit vandag nog by Solidariteit aan deur jou gratis profiel te registreer en raak só deel van jou grootste Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel