
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Suksesstories in die onderwys: Ons beskerm jou, onderwyser!
In ʼn tyd waar vals aantygings onderwysers se loopbane en lewens verwoes, staan Solidariteit as ʼn bastion van beskerming en regverdigheid. Deur regstappe te neem waar nodig en onwrikbare steun te bied het Solidariteit deur die jare herhaaldelik bewys dat waarheid en geregtigheid nog steeds seëvier.
Deur Leré Nel
Glo dit of nie, selfs onderwysers het soms regsverteenwoordiging nodig.
Een van die mees opspraakwekkende gevalle was dié van Elana Barkhuizen, ʼn voormalige onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke wat in 2019 valslik van rassisme beskuldig is. Sy is sonder enige verduideliking geskors ná die verspreiding van ʼn foto wat polities verdraai is. Danksy Solidariteit se regshulp het die arbeidshof in Johannesburg haar skorsing as onwettig verklaar en dit onmiddellik opgehef. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het later bevestig dat daar geen bewyse van diskriminasie teen Barkhuizen of die skool was nie. Die LUR vir onderwys moes ook skriftelik vir Barkhuizen om verskoning vra.
Nog ʼn oorwinning wat Solidariteit behaal het was dié van Anneke Smit, wat valslik daarvan beskuldig is dat sy ʼn leerder ʼn rassistiese term genoem het. Solidariteit het haar saak hof toe geneem en die uitspraak in haar guns gewen, wat bewys het dat die beskuldiging ongegrond was. Hierdie saak beklemtoon weereens die belangrikheid van Solidariteit se rol in die beskerming van onskuldige onderwysers teen skadelike en ongegronde aanvalle.
Solidariteit se Onderwysernetwerk is daartoe verbind om onderwysers te beskerm en hulle by te staan in tye van onreg. Onderwysers het die reg om hul roeping vry, veilig en voorspoedig uit te leef, sonder vrees vir politieke agendas of sensasiegedrewe aanvalle. Deur Solidariteit se voortdurende ondersteuning en regstappe word die boodskap duidelik gestel: Onderwysers sal nie alleen gelaat word in die gesig van vals aantygings nie. Lees ook op die Solidariteit Onderwysernetwerk se platform hoe ʼn arbeidsregsverteenwoordiger jou in ʼn dissiplinêre verhoor kan beskerm.
Suksesstories soos dié van Elana Barkhuizen en Anneke Smit is slegs enkele voorbeelde van hoe Solidariteit daadwerklik opstaan vir sy lede. In ʼn tyd waar populistiese sensasiestories maklik onskuldiges skade kan berokken, bly Solidariteit die onwrikbare waghond wat geregtigheid laat seëvier. Vind hier meer uit oor wat om te verwag as jy ooit ʼn dissiplinêre verhoor sou moes bywoon.
Word vandag nog ʼn lid, want jy weet nooit wat more kan gebeur nie!