Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Tjaard du Plessis: Ontdek hoe Agentic AI die toekoms van IT gaan verander
Kunsmatige intelligensie (KI) ontwikkel teen die spoed van lig. Een van die nuutste ontwikkelinge wat wêreldwyd momentum bou, is Agentic AI – ʼn tegnologie wat besig is om die manier waarop mense met digitale stelsels werk, fundamenteel te verander.
Tussen 2023 en 2024 het hierdie konsep vinnig opspraak in die tegnologiewêreld begin maak. Waar tradisionele KI hoofsaaklik op instruksies reageer, fokus Agentic AI op selfstandige digitale “agente” wat besluite kan neem, take kan uitvoer en komplekse prosesse kan bestuur.
Die implikasies hiervan op die IT-bedryf is enorm.
Daar word gesê: “Your next user isn’t human, and your interface is in the way.” Met ander woorde, wanneer KI-agente as gebruikers van stelsels begin optree, moet die manier waarop ons gebruikerskoppelvlakke (“user interfaces”) ontwerp, ook heeltemal verander.
Om hierdie onderwerp verder te verken, nooi Solidariteit se IT-netwerk jou uit na ʼn netwerkgeleentheid.
Die sessie word aangebied deur Tjaard du Plessis, uitvoerende bestuurder van professionele dienste by Synthesis Software Technologies. Du Plessis het meer as vyftien jaar se ervaring in sagteware-ontwikkeling en digitale transformasie en het al digitale transformasieprojekte vir verskeie groot ondernemings gelei. Hy beskik oor ʼn MSc in Rekenaarwetenskap van die Noordwes-Universiteit. Sy fokus is tans op opkomende tegnologieë, wolkoplossings en KI-gedrewe platforms.
Tydens hierdie netwerkgeleentheid sal hy insigte deel oor hoe Agentic AI die gebruikerservaring van die toekoms kan beïnvloed, en wat IT-praktisyns reeds nou moet begin oorweeg.
Moenie die geleentheid misloop nie
Datum: 25 Maart 2026
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Spekboom-raadsaal (Solidariteit Dienskantoor, Kloofsig, Centurion)
RSVP: Teen 20 Maart 2026
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – die tegnologie van môre word vandag reeds ontwerp.
Klik hier om jou bywoning te bevestig.