loading
avatar
Artikels
2 jaar gelede
topwenke-vir-die-gebruik-van-sosiale-media

Foto Krediet: Solidariteit

Topwenke vir die gebruik van sosiale media

Die meeste van ons gebruik daagliks ʼn sosialemediaplatform en dit vorm ʼn integrale deel van ondernemings se bemarkingstrategie. Dit is daarom belangrik om seker te maak jy weet presies hoe jy hierdie platforms tot jou voordeel kan gebruik.

By Solidariteit is dit vir ons belangrik om lede deur voortgesette leer met inligting te bemagtig en daarom deel Alexa Reinecke, bestuurder van sosiale media en inhoud by Solidariteit,  topwenke vir die gebruik van sosiale media met jou sodat jy jou resultate kan optimaliseer. Klik hier om die kursus te voltooi.

Volgens Alexa is sosiale media dinamies, en met soveel nuwe platforms en tendense moet bemarkers slimmer met hulle tyd en begrotings werk. Alexa bespreek die vyf vrae wat elke bemarker hom- of haarself moet afvra. Alexa kyk ook na jou mediavisie en -missie en of dit met jou doelwitte, teikengehoor, sosialemediaplatforms, die gebruik van oudits en temas en ʼn inhoudkalender belyn is.

Ontgin die volle potensiaal van jou profiel op sosiale media en #RaakTuis by Solidariteit. Klik hier om oor Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk te lees, of lees hier meer oor hoe jy vir ʼn kursus vir voortgesette leer kan inskryf. Jou toekoms is in jou hande.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel