loading
Artikels
1 jaar gelede
veeartsenykundige-aptekers-die-hart-van-dieregesondheid

Foto Krediet: Solidariteit

Veeartsenykundige aptekers – die hart van dieregesondheid

Deur Maryna Eksteen

Veeartsenykunde is ʼn baie edel beroep en bestaan uit soveel meer as net ʼn veearts wat na jou troeteldiere se welstand omsien. Elke dokter in ʼn hospitaal maak staat op verpleegkundiges om na pasiënte om te sien en op aptekers om medikasie te voorsien. In ʼn dier se gesondheid werk dit nie veel anders nie. Alle mediese praktisyns in veeartsenykunde speel ʼn kardinale rol in die versorging en genesing van diere. Klik hier om meer te lees oor diere se verpleegkundiges.

Craig Murdoch is ʼn apteker by die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal met ʼn BPharm-graad. Craig het aanvanklik as ʼn apteker gewerk in mense-medici by ʼn privaat hospitaal waarna hy besluit het om sy beroep in aptekerswese verder uit te brei as veeartsenykundige apteker. Volgens Craig was hy beïndruk met die moontlikhede wat aptekerswese in dierkunde bied.

Volgens Craig is daar ʼn wesenlike verskil tussen mense en diere se anatomie, en dit is belangrik om te verstaan dat nie alle medikasie geskik is vir alle diere nie. Dit kan soms gebeur dat diere se eienaars uit desperaatheid optree en vir hul diere mense-medikasie toedien. Craig is wel van mening dat eienaars nie altyd die regte doserings of medikasie toedien nie en dit kan skadelik wees vir die troeteldier. Een voorbeeld wat Craig genoem het is dat Ibuprofeen onder geen omstandighede vir honde toegedien mag word nie. Die Ibuprofeen is toksies vir honde en kan ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak. Dit is dus baie belangrik om eers met ʼn veeartsenykundige apteker te konsulteer indien ʼn veearts nie beskikbaar is nie.

Daar is tans ʼn tekort aan studiegeleenthede is Suid-Afrika vir veeartsenykundige aptekers, maar met Onderstepoort se BVSc graad is daar geleenthede vir studente om in aptekerswese op te eindig. Daar is ook ʼn magdom geleenthede vir studente om oorsee ʼn graad in veeartsenykundige aptekerswese te verwerf.         

Volgens Craig bestaan die veeartsenykunde beroep uit ʼn ongelooflike groep mense wat buite die boks dink. Dit is iets wat hom baie opgewonde maak oor die toekoms van veeartsenykunde in die toekoms.

As jy belangstel in hierdie rigting of reeds in so ʼn rigting werksaam is kan jy hier klik om jou Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap te ontdek. Om ʼn lid van Solidariteit se Aptekersnetwerk te wees, beteken om deel van ʼn netwerk van werk te wees wat saam aan Suid-Afrika se toekoms bou. #RaakTuis op Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel