loading
Artikels
2 weke gelede
verpleegkundige-het-jy-nog-nie-jou-sanc-sertifikaat-vir-2025-ontvang-nie-hiers-wat-jy-kan-doen

Foto Krediet: Solidariteit

Verpleegkundige: Het jy nog nie jou SANC-sertifikaat vir 2025 ontvang nie? Hier’s wat jy kan doen.

Die Solidariteit Verpleegnetwerk het onlangs talle navrae vanaf verpleegkundiges ontvang wat steeds wag op hul Jaarlikse Sertifikate vir Praktisering (oftewel APC – Annual Practising Certificate) vir 2025 vanaf die SANC. Lees hier wat jy kan doen as jy een van hierdie verpleegkundiges is.


Deur Leré Nel

Solidariteit se Verpleegnetwerk het ondersoek ingestel oor die talle sertifikate wat ten spyte van tydige betaling nog nie ontvang is nie. Daar is vasgestel dat die vertraging in die aflewering van sertifikate hoofsaaklik te wyte is aan logistieke probleme tussen die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SANC) en die Suid-Afrikaanse Poskantoor. Met ander woorde – selfs al het jy betyds betaal en alles reg gedoen, is dit moontlik dat jou sertifikaat eenvoudig nie betyds afgelewer is nie.

Maar moenie bekommer nie – daar ís oplossings. Hier is wat jy kan doen:


1. Gaan jou registrasiestatus aanlyn na

Om te bevestig dat jou betaling en registrasie suksesvol was, besoek SANC se e-Register: https://www.sanc.co.za/eregister/
Voer jou SANC-registrasienommer in en kyk of jou status as “gesertifiseer” (‘certified’) aangedui word.


2. Betaal vir koerierdiens (R70)

As jy verkies om jou sertifikaat per koerier te ontvang (eerder as om op die Poskantoor te wag), kan jy ’n bedrag van R70 in SANC se bankrekening inbetaal.

 Bankrekening: SANC se standaardrekening
 Verwysing: Gebruik jou SANC-registrasienommer en die nota: “Koerierkoste”

Die SANC het bevestig dat dit sowat 7–10 werksdae sal neem nadat hulle jou betaling ontvang het.


3. Stuur jou betalingsbewys aan

Ná betaling kan jy jou bewys van betaling direk aan die SANC stuur.
Of, as jy ʼn lid van Solidariteit se Verpleegnetwerk is (of wil aansluit), kan jy dit aan ons stuur, en ons sal dit namens jou aanstuur.

E-pos: medies@solidariteit.co.za


4. Persoonlike afhaal is ook moontlik

As jy haastig is of verkies om dit self af te haal, kan jy ook jou sertifikaat persoonlik by SANC se kantore gaan afhaal.


Vrae? Ons is hier om te help!

As jy onseker is oor enige van die bogenoemde stappe, of hulp nodig het met die proses, kontak Solidariteit gerus by medies@solidariteit.co.za.

Jou lidmaatskap gee jou die ondersteuning wat jy nodig het om te fokus op dit wat regtig saak maak – jou pasiënte. Bly ingeskakel by die Solidariteit Verpleegnetwerk vir alle inligting rondom gebeure in jou beroepsveld!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel