
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Versnel jou loopbaan met Solidariteit se beroepsnetwerke!
Marné Pienaar
Daar is ʼn bekende Engelse gesegde wat lui: “It takes a village.” Mense gebruik dit gewoonlik in die konteks wanneer hulle na iemand verwys wat ʼn kind/ers grootmaak. Die beginsel is egter van toepassing op elke aspek van die lewe. Solidariteit weet dat ons sterker is wanneer ons saamstaan en het ʼn platform ontwikkel waar werkers bymekaar kan kom en saam kan leer, mekaar kan inspireer en hulle loopbane kan versnel. Die beroepsnetwerke is ʼn unieke voordeel waartoe enige Solidariteit-lid toegang het. Dit is nou jou beurt om hierdie beroepsnetwerke tot jou voordeel te gebruik!
Wat is die beroepsnetwerke?
Solidariteit se beroepsnetwerke is ʼn gemeenskap van individue in die werksmag in ʼn spesifieke bedryf. Hierdie groep eendersdenkende, hardwerkende mense vorm ʼn netwerk waar hulle by mekaar kan leer, idees kan deel en belangrikste nog, op hoogte kan bly van die jongste verwikkelinge in hulle bedryf.
Wie kan by Solidariteit se beroepsnetwerke aansluit?
Hierdie netwerke is beskikbaar vir Solidariteit-lede alleenlik. Klik hier om meer te leer oor Solidariteit-lidmaatskap en wat dit alles bied.
Lys van Solidariteit se beroepsnetwerke
Solidariteit het tans elf (11) aktiewe beroepsnetwerke:
- 1. Solidariteit Regsnetwerk
- 2. Solidariteit Onderwysernetwerk
- 3. Solidariteit Ambagnetwerk
- 4. Solidariteit Doktersnetwerk
- 5. Solidariteit Verpleegnetwerk
- 6. Solidariteit Aptekersnetwerk
- 7. Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk
- 8. Solidariteit Finansiesnetwerk
- 9. Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk
- 10. Solidariteit IT-netwerk
- 11. Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk
Werklike impak
Netwerk- en werkgeleenthede
Die beroepsnetwerke bied gereeld in-persoon netwerkgeleenthede aan, veral vir jong werkendes sodat hulle kan leer by meesters in hulle beroepsveld. Vele studente en jong werkendes het al werksgeleenthede ontvang deur van hierdie netwerkgeleenthede by te woon.
Werkbeskerming
Solidariteit glo dat enige iemand wat wil werk moet kan werk, sonder om onderworpe te wees aan onregverdige rassewette. Hulle moet op grond van meriete aangestel word. Ons regering probeer egter steeds om die narratief te dryf dat swart ekonomiese bemagtiging die groei en vooruitgang van Suid-Afrikaners sal bevorder, wat verkeerd bewys is. Solidariteit beveg wette wat meer armoede vir ons mense gaan meebring en beskerm die werke van ons lede deur op te staan teen wette soos die Nasionale Gesondheidsversekeringswet of die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela-wet).
Hoe om ʼn lid te word
Klik hier en voltooi die vorm om ʼn lid te word. Word bemagtig en kry daai droomwerk!
Dar was nog nooit ʼn beter tyd om by ʼn organisasie aan te sluit wat jou beste belange op die hart dra en daagliks veg om Suid-Afrika ʼn vry, veilige en voorspoedige land vir jou te maak nie.