loading
Artikels
1 jaar gelede
versterk-jou-organisasie-saam-met-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

Versterk jou organisasie saam met Solidariteit

Deur Lize-Mari Verster

Solidariteit sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges en groot ondernemings om jong mense ʼn hupstoot in die lewe te gee. Nóú het dit die gemeenskap se verantwoordelikheid geword.

Solidariteit se aanlyn werkfasiliteringsplatform, bekend onder die naam Solidariteit, bied juis daardie plek vir jou as werkgewer om te deel in hierdie verantwoordelikheid deur beskikbare werksgeleenthede by jou organisasie op dié Afrikaanse platform te plaas om só die geskikte kandidaat vir jou pos uit ons gemeenskap te kry.

Solidariteit bied ʼn Afrikaanse tuiste vir jou organisasie. Danksy Solidariteit kan jou organisasie groei deur beskikbare poste op die platform te adverteer. Só kan jy geskikte kandidate werf wat jou taal praat en jou waardes deel.

Hierdie gebruikersvriendelike platform is ʼn plek waar jy werksaansoeke op eenvoudige maniere kan bestuur, en dit is boonop alles gratis!

Só kry jy as werkgewer waarde uit Solidariteit:

Registreer jou organisasie

  1. 1. Registreer jou organisasie se profiel op Solidariteit en word deel van die grootste aanlyn werkgemeenskap in Afrikaans. Klik hier om te registreer.
  2. 2. Voltooi jou profiel deur jou organisasie se besonderhede en inligting in te vul. Hierdie beskrywing verskaf meer inligting aan werksoekers oor jou organisasie.
  3. 3. Nadat jy jou profiel geregistreer het, kan jy werksgeleenthede op die platform plaas en kontak maak met potensiële kandidate. Klik hier om ʼn werksgeleentheid met jou geregistreerde profiel te plaas.

Ploeg terug in die gemeenskap

Solidariteit bied ook geleentheid vir jou organisasie om in die gemeenskap terug te ploeg deur jong mense en potensiële werknemers te bemagtig. Bykomende geleenthede soos skaduwerkervaring, vakansiewerk, gemeenskapswerk, sowel as afstandsgebonde werksgeleenthede kan onder jou organisasie se profiel op die platform gelaai word. As werkgewer kan jy ook belê in die toekoms en opleiding van jong mense deur mentorskapprogramme vir hulle aan te bied.

Lees hier meer oor alles wat die platform vir jou as werkgewer bied.

Gratis bemarking van werksgeleenthede

ʼn Bykomende voordeel van die platform is die bemarkingsblootstelling wat jou vakante werksgeleenthede kan kry. Jou werksgeleenthede word in beroepspesifieke groepe op die platform en op ʼn verskeidenheid van sosialemediakanale versprei om te verseker dat ʼn groter aantal potensiële kandidate vir vakatures kan aansoek doen. Sodoende word die ideale mark van potensiële werknemers geteiken en bereik.

#RaakTuis op Solidariteit. Registreer jou organisasie en word deel van ʼn aanlyn werkgemeenskap. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel