
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Virseker, jou maklikste finansiële besluit!
Deur Ané Janse van Rensburg
Junie is versekeringsbewustheidsmaand en dit is ʼn gulde geleentheid om Suid-Afrikaners daaraan te herinner dat versekering ʼn finansiële reddingsboei is wat jou kan help om weer op jou voete kom wanneer die lewe onverwags ʼn draai maak. Virseker, Suid-Afrika se enigste trots-Afrikaanse versekeringsproduk, wil jou aanmoedig om proaktief te wees en die regte versekering vir jou behoeftes te kies.
Lewenskoste is deesdae rekordhoog, en brandstofpryse is selfs hoër. Dit is nie moeilik om te verstaan hoekom die meeste Suid-Afrikaners voel dat versekering buite hulle finansiële bereik is nie. Hierdie wanpersepsie is die rede waarom 70% van geregistreerde voertuie op ons paaie onverseker is, en waarom baie mense onderverseker is wanneer dit by huise en huisinhoud kom. Dit is noodsaaklik om te verstaan dat versekering nie ʼn luukse is nie, maar ʼn noodsaaklike finansiële beskermingshulpmiddel.
Jy dink dalk nooit aan versekering totdat jy dit nodig het nie. Wees dus proaktief en leer watter soort dekking jy behoort te hê. Praat met ʼn versekeringsagent om die regte polisse vir jou omstandighede te vind. Hier is ʼn paar wenke om jou te help om die regte versekering te kies:
1. Wees op die uitkyk vir geleenthede om te spaar
Deur jou motor- en huisinhoud, of jou motor- en gebouversekering by dieselfde verskaffer te verseker, kan jy moonlik vir afslag kwalifiseer. Kombinasiepakkette kan aansienlike besparings bied.
2. Doen navorsing om die regte versekeraar te kies
Vergelyk verskillende aanbiedinge en kies ʼn versekeraar met ʼn goeie reputasie en geskikte dekking vir jou behoeftes.
3. Verseker jou motor vir die regte waarde
Bestuurders van ouer motors moet sorg dat hulle nie hul motors oorverseker nie. Oorversekering kan tot onnodig hoë premies lei.
4. Hersien jou huisinhoudbeleid
Hersien elke ses maande jou huisinhoud en pas die totale versekerde bedrag daarvolgens aan. Maak seker jy gebruik vervangingswaarde en nie markwaarde nie, en verwyder items wat nie meer verseker hoef te word nie.
5. Moenie dekking dupliseer nie
As jou motor- of huisversekeringsmaatskappy gratis padbystand bied hoef jy nie vir dieselfde voordeel by ʼn ander diensverskaffer te betaal nie.
6. Verhoog jou sekuriteit
Jy kan moonlik jou motorversekeringspremie verminder as jy jou motor met bykomende veiligheidsbeskerming toegerus het. Dieselfde geld vir huisversekering as jy in ʼn alarmstelsel belê of in ʼn veiliger woonbuurt woon.
7. Moenie onnodig eis nie
Gebruik jou versekering vir skade wat groot verliese veroorsaak. Vermy dit om vir klein voorvalle te eis wat jy self kan dek.
8. Verhoog jou bybetaling
Jy kan geld op jou maandelikse premie spaar deur jou bybetaling te verhoog. Vind ʼn balans waar jy ʼn redelike premie betaal en steeds jou bybetaling in die geval van ʼn eis kan bekostig.
9. Hersien jou dekking gereeld
Soos wat jou lewensomstandighede verander, kan jou versekeringsbehoeftes ook verander. Hersien jou polisse gereeld om te verseker dat jy steeds die beste beskerming het.
10. Hou jou besonderhede opgedateer
Verseker jou motor vir private gebruik as jy dit nie meer vir besigheid gebruik nie, of as jy jou motor nou op ʼn veiliger plek parkeer. Dit kan jou premies verminder. Laat weet dus jou versekeraar van enige veranderinge.
Virseker moedig jou aan om hierdie Junie te gebruik om jou versekering te hersien en te verseker dat jy beskerm is én voel. Dit is nou die perfekte tyd om die regte besluite te neem en jou finansiële toekoms te beskerm!
Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk.
