loading
Artikels
1 week gelede
vlymskerpverkope-verkoop-soos-n-pro-in-die-digitale-era

Foto Krediet: Solidariteit

#VlymskerpVerkope: Verkoop soos ʼn “pro” in die digitale era

Deur Kyla-Ann du Toit

Voel jy soms asof jou verkoopstrategie nie meer so doeltreffend is soos wat dit moet wees nie? In hierdie digitale era ontwikkel tegnologie blitsvinnig en daarom is dit noodsaaklik om jou vaardighede voortdurend aan te pas. Dít is presies wat Solidariteit se volgende #VlymskerpVerkope-webinaarsessie vir jou inhou!

Die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk nooi jou na ʼn praktiese en inspirerende sessie saam met Magriet Groenewald – entrepreneur, sosialemedia-strateeg en stigter van haar eie aanlyn sakeskool. Hierdie sessie gaan fokus op hoe jy tegnologie, veral sosiale media en kunsmatige intelligensie (KI), strategies kan gebruik om jou verkope ʼn hupstoot te gee.

Wat gaan jy leer?

Magriet gaan praktiese wenke en insigte deel oor:

  • • hoe om sosiale media slim en strategies in jou verkope aan te wend;
  • • maniere om KI doeltreffend te gebruik om jou verkoopsproses te optimaliseer; en
  • • hoe om jou kliënt se koopreis te verstaan en dit tot jou voordeel te gebruik.

Magriet help weekliks honderde entrepreneurs, beïnvloeders en sake-eienaars om hul handelsmerke op sosiale media te bou en hul ondernemings winsgewend te laat groei. Nou is dit jóú beurt om jou verkoopsarsenaal aan te vul!

Skakel by die webinaar in:

  • • Datum: 10 Julie 2025
  • • Tyd: 13:00 – 13:30
  • • Plek: Aanlyn via Microsoft Teams.

Klik hier om by die webinaar in te skakel.

Of jy nou ʼn ervare verkoopspersoon is of pas met jou loopbaan in verkope begin het – hierdie gratis sessie sal jou toerus met die nodige gereedskap om jou verkope met groter impak, slimmer strategieë en meer selfvertroue te doen.

Moenie dit misloop nie! Klik hier om jou plek te bespreek en kom slyp jou verkoopsvernuf.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel