loading
Artikels
1 jaar gelede
vyf-geheime-wat-werksoekers-moet-weet-om-hul-droomwerk-op-te-raap

Foto Krediet: OkayDeer

Vyf geheime wat werksoekers moet weet om hul droomwerk op te raap

Deur Reon Janse van Rensburg

Die proses van werksoek kan ontmoedigend wees, maar met die regte strategieë en ʼn dosis of twee selfvertroue kan jy jou droomwerk kry. Daar is ʼn paar geheime wat suksesvolle werksoekers ken, en deur hierdie beginsels te volg, kan jy jou kanse op ʼn droompos aansienlik verhoog. Hier is vyf van daardie geheime wat jy moet weet om van jou werksoekery ‘n suksesverhaal te maak.

1. Selfkennis is die sleutel tot sukses

Voordat jy na jou droompos begin soek, is dit van kardinale belang om ʼn duidelike begrip van jouself, jou waardestelsel en jou loopbaandoelstellings te hê. Vra jouself af wat jou unieke vaardighede, belangstellings en sterkpunte is. Hierdie selfkennis sal jou help om te weet na watter soort werk jy moet soek en in watter bedryf. Byvoorbeeld, indien jy in die onderwys is, maar nie meer noodwendig daarin belangstel om onderwys te gee nie, moet jy weet hoe jy jou huidige vaardighede kan benut of aanpas om ʼn ander beroep te kan volg. Sal jy nuwe vaardighede moet aanleer, en watter vaardighede kan jy uitbrei of beter benut?

2. Stel realistiese doelwitte en wees geduldig

Jou droompos mag dalk nie onmiddellik beskikbaar wees nie. Dit is belangrik om realistiese loopbaandoelwitte te stel en te verstaan dat suksesvolle soeke na werk tyd kan neem. Wees bereid om die proses om aansoek te doen, onderhoude te voer en te netwerk op ʼn geduldige manier aan te pak. Dit is dikwels ʼn proses van blootstelling aan ʼn reeks geleenthede voordat jy jou droompos kry.

3. Netwerk en bou verhoudings

Een van die geheime van suksesvolle werksoekers is die vermoë om verhoudings te bou en te netwerk. Dit is belangrik om aktief te wees in jou beroepsgemeenskap, by te dra tot geselskapsforums, en jouself bekend te stel aan ander mense in jou bedryf. Hierdie verhoudings kan tot waardevolle inligting, mentorskap en selfs werksgeleenthede lei.

Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil vir die volgende generasie kan maak. Dit is ‘n gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Wees onmisbaar in jou beroepstuiste!

4. Pas jou CV en aansoek aan vir elke geleentheid

Een groot geheim is om jou CV en aansoek aan te pas vir elke spesifieke pos waarvoor jy aansoek doen. Moenie ʼn generiese CV gebruik nie. Wees bereid om jou ervaring, vaardighede en prestasies aan die spesifieke vereistes van die pos te koppel. Hierdie persoonlike aanslag toon jou toewyding en belangstelling in die pos.

5. Hou aan leer en verbeter jou vaardighede

Die arbeidsmark verander voortdurend, en dit is belangrik om jou vaardighede op datum te hou. Hou aan leer en wees bereid om nuwe vaardighede en kennis op te doen. Dit kan jou aantrekliker maak vir potensiële werkgewers en jou loopbaanvooruitsigte verbeter.

Bly aan die voorpunt van jou loopbaan met opleidingskursusse van hoë gehalte wat pasgemaak is vir jóú beroep. Maak jouself onmisbaar deur jou CV aan te vul deurdat jy voortgesette opleidingsgeleenthede benut om sodoende die nodige VPO-punte te bekom.

Volg jou passie en volhard

Die geheim van suksesvolle werksoekers is gebaseer op ʼn kombinasie van selfkennis, doelgerigte stellings, geduld, die bou van verhoudings, aanpasbaarheid en ʼn passie vir jou loopbaan. Bly gefokus op jou droompos, volhard in jou soektog, en onthou dat selfs die suksesvolste mense dikwels ʼn reeks uitdagings en foute oorkom voordat hulle hul droomwerk vind. Met hierdie geheime in jou agterkop is jy op die pad na sukses.

As ‘n gemeenskap moet ons mekaar help om werk te kry en moet ons mekaar se vaardighede benut. Elkeen wat wil werk, moet kan werk, vry van inmenging deur die staat. Solidariteit is dié bymekaarkomplek vir elkeen wat poste wil plaas of vir poste wil aansoek doen. Dit is werkfasilitering vir ons gemeenskap – Solidariteit skep ʼn plek met integriteit vir ernstige mense wat regtig wil werk.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel