
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Waarom jy jou besigheid op Solidariteit moet bemark
100 000 gebruikers is tot jou beskikking op Solidariteit – ʼn massiewe en groeiende poel van indiensneembare Afrikaanssprekende mense wat wag om by jou span aan te sluit! ’n Volledige werkgewerprofiel verhoog jou kanse om talentvolle werknemers te lok en jou handelsmerk te versterk. Lees meer!
Deur Marné Pienaar
Met meer as 100 000 aktiewe gebruikers op Solidariteit, is hierdie platform die ideale plek om jou besigheid te bemark. Boonop is dit heeltemal gratis om hierdie voordeel te gebruik! Om wel die meeste uit hierdie geleentheid te put, is dit belangrik om jou werkgewerprofiel volledig in te vul.
Waarom is dit nodig om jou werkgewerprofiel meer volledig in te vul?
Om omvattende inligting oor jou besigheid in jou werkgewerprofiel te verskaf, vertoon nie net professioneel nie, maar dit is ook strategies voordelig. Dit lok die regte kandidate wat by jou kultuur en waardes pas, wat werknemerbehoud verhoog. Deursigtigheid bou vertroue en verbeter jou maatskappy se reputasie, terwyl goed ingeligte kandidate beter voorbereid is en hoër gehalte aansoeke indien.
Bou ’n sterk werkgewerhandelsmerk deur jou profiel volledig in te vul – dit sal jou help om talentvolle en gemotiveerde werknemers te lok.
Volg hierdie maklike stappe om jou profiel op te dateer.
Let wel, hierdie stappe is vir werkgewers wat reeds ʼn bestaande profiel het en meer besonderhede wil byvoeg.
Stap 1: Toegang tot jou werkgewerlys

Klik regs bo, op die foto wat jy vir jou profiel gekies het. Daar sal ʼn kieslys van opsies verskyn. Klik op “My lys van werkgewers” om die lys van jou geregistreerde werkgewers te sien.
Stap 2: Kies jou organisasie

Dubbelklik op jou organisasie se naam om jou profiel oop te maak.
Stap 3: Wysig jou werkgewerprofiel

Onder “Oorsig” klik op die potlood-ikoon aan die regterkant van die skerm om veranderinge aan te bring.
Stap 4: Vul die vorm volledig in

Maak seker dat al die besonderhede volledig en akkuraat ingevul is. Jou beskrywing moet jou besigheid verkoop en professioneel wees. Dit is ook belangrik dat daar duidelike kontakbesonderhede is, sodat lede van die publiek jou maklik kan bereik.
Doen dit sommer vandag nog!
Teken in op Solidariteit