
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Waarom Solidariteit se platform die aandag trek van werkgewers
Deur Reon Janse van Rensburg
In Suid-Afrika hoef mens nie te ver te gaan soek om te weet dat die tekort aan werkgeleenthede ʼn reuseprobleem is nie. Hierdie probleem het oor die jare en veral sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie opnuut op die radar verskyn en dit is deel van Solidariteit se missie om vir sy lede en ook die breër Afrikaanse gemeenskap geleenthede te skep.
As ʼn gemeenskap moet ons mekaar help om werk te kry en ons moet mekaar se vaardighede benut. Elkeen wat wil werk, moet kan werk, vry van inmenging deur die staat.
Solidariteit het die afgelope paar jaar ʼn nuwe koers ingeslaan en is nou nie net slegs besig om mense se werk te beskerm nie, maar ook om die gemeenskap in staat te stel om betrokke te raak om mekaar in diens te neem. Saam met werkgewers skep ons ʼn moderne helpmekaarbeweging wat die wêreld van werk op sy kop draai sodat ons mense hul loopbane in hul eie hande kan neem.
Solidariteit is nie ‘n werwingsagentskap nie, maar ons werkfasiliteringsplatform is ʼn aanlyn bymekaarkomplek waar werknemers en werkgewers in Afrikaans met mekaar kan netwerk! Dit is werkfasilitering vir ons gemeenskap.
In die era van digitale kommunikasie en tegnologiese vooruitgang het aanlyn werksoekplatforms ʼn beduidende impak op die manier waarop maatskappye nuwe werknemers vind en aanstel. Solidariteit se platform het ‘n nuwe dimensie aan die arbeidsmark gegee en bied ʼn verskeidenheid voordele vir maatskappye. Hierdie voordele kan ten volle benut word en bied veral die volgende voordele wanneer nuwe poste op Solidariteit se platform geadverteer word:
1. Groter sigbaarheid
Een van die grootste voordele van Solidariteit se werkfasilitering is die verbeterde sigbaarheid wat dit maatskappye bied. Deur poste op hierdie platform te adverteer, kan maatskappye die getal mense wat hulle bereik aansienlik uitbrei. Dit beteken dat potensiële kandidate van regoor die land (en selfs internasionaal) toegang tot die poste het. Hierdie wyer sigbaarheid maak dit moontlik om meer uiteenlopende en hoogs gekwalifiseerde kandidate aan te stel.
2. Gerief en effektiwiteit
Solidariteit se werkfasilitering het die proses van werwing aansienlik vereenvoudig. Maatskappye kan poste vinnig en maklik plaas en kandidate kan maklik aansoek doen. Dit maak die proses vir albei partye geriefliker en doeltreffender.
3. Koste-effektiwiteit
Tradisionele werwingsprosesse kan duur wees, met koste wat beïnvloed word deur advertensies in gedrukte media, reiskoste, en die tyd wat mense in die proses van sif en evaluering van aansoekers belê, moet ook in ag geneem word. Solidariteit se werkfasiliteringplatform bied ʼn gratis oplossing. Solidariteit bied gratis werkfasilitering waardeur werknemers en werkgewers mekaar kan ontmoet. Jy moet slegs ʼn profiel op Solidariteit registreer. Dit kan maatskappye help om hul begroting te beheer en middels effektiewer te benut.
4. Spoedige reaksie
Te danke aan Solidariteit kan maatskappye vinniger reageer op veranderende personeelbehoeftes. Wanneer ʼn pos onmiddellik gevul moet word, kan ʼn advertensie op die Solidariteit werkfasiliteringplatform binne minute geplaas word. Hierdie spoedige reaksie kan maatskappye ʼn mededingende voordeel gee in die aanstel van topkandidate.
5. Toegang tot ʼn verskeidenheid kandidate
Die werkfasiliteringplatform bied toegang tot ʼn breë spektrum kandidate met verskillende agtergronde, vaardighede en ervaring. Hierdie diversiteit kan maatskappye help om ʼn personeelkorps te bou wat ryk is aan verskeidenheid, en dit kan bydra tot nuwe perspektiewe en innoverende oplossings in die werkplek. Solidariteitlede en die Afrikaanse gemeenskap wat die platform benut, het talle vaardighede oor ʼn breë spektrum van sektore en bedrywe regoor Suid-Afrika. Met meer as 50 0000 geregistreerde platformgebruikers is die kans goed dat jy ʼn geskikte kandidaat sal opspoor wat daarvan droom om deel te word van jou span.
In ʼn tyd waar talentbevordering ʼn kritieke faktor is vir die sukses van maatskappye, kan die gebruik van Solidariteit se werkfasilitering ʼn strategie wees wat voordeel bring. Hierdie platform bied ʼn wyer sigbaarheid, gerief, koste-effektiwiteit en ʼn spoedige reaksie, wat almal bydra tot ʼn meer suksesvolle werwingproses. Maatskappye wat hierdie platform doeltreffend gebruik, kan ʼn mededingende voordeel verkry in die arbeidsmark.
Registreer jou besigheid hier en begin vandag nog jou maatskappy se poste op Solidariteit se Werkfasiliteringplatform laai.
Registreer vandag nog jou profiel – dis gratis!