Foto Krediet: Andrea Piacquadio | Pexels
Gekopieër
Wat beteken sukses nou eintlik?
Daar is ʼn magdom verskillende opinies en maniere oor hoe ʼn mens veronderstel is om na sukses te kyk en ʼn verduideliking te bied van wat sukses werklik is. Op die ou end kom dit daarop neer dat jý aan die stuur van jou eie sukses is.
Die vraag is egter: Hoe bereik ek my eie sukses? Voordat ons hierdie vraag beantwoord, verduidelik ek graag eers hoekom jy aan die stuur van jou eie sukses is.
Sukses is die vermoë om jou eie doelwitte in die lewe te bereik. Volgens Very Well Mind is daar nie ʼn klinkklare manier om te weet dat jy suksesvol is nie, want sukses verskil van persoon tot persoon vanweë die verskillende doelwitte in ons elkeen se lewe.
ʼn Mens is geneig om sukses aan jou loopbaan of werkprestasies te meet, maar sukses kan ook aan jou geluk, veiligheid, gesondheid of selfs verhoudings en sportprestasies gemeet word, afhangende van wat vir jou die belangrikste is.
Daar is nie ʼn perfekte resep vir sukses nie, maar daar is ʼn paar stappe wat gevolg kan word om te verseker dat jy die doelwitte bereik wat jou persoonlike sukses sal verseker.
Hier is ʼn paar stappe in die regte rigting:
Werk daaraan om ʼn groei-ingesteldheid te hê: Mense met ʼn groei-ingesteldheid glo dat hulle beheer het oor die rigting wat hul lewe inslaan.
Verbeter jou emosionele intelligensie: Die vermoë om emosies te verstaan, te gebruik en uit te pluis, kan jou kanse op sukses veelvoudig laat toeneem. Klik hier om Solidariteit se kursus oor emosionele intelligensie te voltooi.
Ontwikkel jou sielkundige taaiheid: Dit is die vermoë om aan te hou en uit te hou te midde van uitdagings.
Versterk jou wilskrag: Uithouvermoë en wilskrag is twee van die sleutelkaraktereienskappe wat baie suksesvolle mense in gemeen het. Dit is nie net iets waarmee jy gebore word nie, maar ook iets wat jy kan verbeter as jy daarop fokus.
Fokus op jou innerlike motivering: Eksterne motiveringsfaktore, soos geld of lof, is gewoonlik dit wat ʼn mens aanspoor om iets te doen. Interne motivering is egter nodig om die nuwe gedrag vol te hou. Een van die twee vorme van motivering sal wel meer natuurlik gebeur as die ander, afhangende van wie jy is.
Skerp jou vaardighede konstant op: Solidariteit bied nagenoeg 150 praktykgerigte kortkursusse aan wat vir jou die geleentheid bied om op die voorpunt van jou beroep te wees. Klik hier om meer oor hierdie kursusse vir voortgesette leer te lees.
Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep en neem jou toekoms in jou hande!