
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Wat het in die Withuis gebeur?
Die gesprekke in die Withuis wat oor Suid-Afrika handel, is nog lank nie verby nie. Dit is krities dat hierdie gesprekke voortgesit word om ʼn oplossing te vind vir die huidige tariefoorlog wat tussen Amerika en Suid-Afrika woed. Dit is egter nog meer belangrik dat gewone Suid-Afrikaners nie die prys vir die Suid-Afrikaanse regering se ideologie betaal nie. Dirk en Jaco Kleynhans gesels hierdie week oor die gesprekke wat tot dusver in Amerika plaasgevind het en hoekom Solidariteit steeds intree waar die regering kort kom.