loading
Artikels
3 maande gelede
wat-is-die-washington-memorandum

Foto Krediet: Pexels

Wat is die Washington Memorandum?

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit en AfriForum insluit, besoek die VSA, nie net om ʼn toekoms vir Afrikaners te verseker deur steun vir hul saak te werf nie, maar ook om die ooglopende diskriminasie wat teen minderheidsgroepe plaasvind, uit te wys. Die doel van die besoek is egter nie om die bande tussen Suid-Afrika en die VSA te verswak nie, maar eerder om die ANC te verswak. Die afvaardiging wat na die VSA gestuur is, wil hoofsaaklik drie dinge regkry, naamlik:

  • • Hulle wil seker maak die Agoa-handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die VSA word nie verbreek nie. Gewone Suid-Afrikaners hoef nie vir die ANC se foute te boet nie.
  • • Hulle wil toesien dat druk op die regering uitgeoefen word oor sy diskriminerende beleide soos die Bela-wet, NGV en om alle ander rassewetgewing te staak.
  • • Hulle wil verdere erkenning vir Afrikaners kry en wil bewerkstellig dat die humanitêre hulp wat aangebied is, ook vir Afrikaners ín Suid-Afrika aangewend kan word.

ʼn Groot oomblik vir Afrikaners

Die magtigste man ter wêreld, pres. Donald Trump, verwys na Afrikaners op die wêreldverhoog en reik boonop ʼn bevel uit wat spesifiek na Afrikaners verwys en waarin erken word dat diskriminasie plaasvind. Wat meer is, is dat die Withuis die uitvoerende kantoor van die president van die VSA is en gewoonlik nie individue of organisasies ontvang nie. Die Withuis ontvang hoofsaaklik slegs amptelike afvaardigings van state, en die ontvangs van die Solidariteit Beweging se afvaardiging in die Withuis verleen verdere erkenning aan Afrikaners, ʼn erkenning wat min kultuurgroepe in die wêreld sal ontvang. Dié erkenning moet egter in ʼn nuwe werklikheid omgeskakel word, ʼn werklikheid waarin Afrikaners nie meer die slagoffers van rassewetgewing is nie. Meer as dit, moet Afrikaners nou vir groter vryhede onderhandel sodat elkeen wat wil in vryheid in Suid-Afrika kan woon en werk.

Voeg jou stem hier by die Washington Memorandum

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel