loading
Artikels
1 jaar gelede
wat-jy-oor-dissiplinere-verhore-moet-weet

Foto Krediet: OkayDeer

Wat jy oor dissiplinêre verhore moet weet

Deur Nico Strydom

Dissiplinêre verhore is ʼn formele proses wat deur werkgewers gebruik kan word om beweerde wangedrag of swak prestasie deur werknemers te hanteer.

Die doel van ʼn dissiplinêre verhoor is dus om te bepaal of die werknemer se gedrag of prestasie dissiplinêre optrede regverdig. Indien dit wel die geval is, kan daar verder bepaal word wat die toepaslike optrede behoort te wees.

Werkgewers is daarop geregtig om instruksies, reëls en spesifieke standaarde vir werknemers daar te stel. Die werkgewer het ook die reg om werknemers se prestasie te monitor en sekere doelwitte vir werknemers daar te stel. As ʼn werknemer nie hieraan voldoen nie, mag ʼn werkgewer dissiplinêre optrede instel.

Dissiplinêre verhore is dikwels deel van ʼn wyer dissiplinêre prosedure wat ten doel het om te verseker dat die werkgewer sowel as die werknemer ʼn regverdige en gebalanseerde geleentheid kry om hul saak te stel.

Die doel van dissiplinêre verhore is veelsydig, maar sluit onder meer in om werkplekreëls en -standaarde toe te pas, om goeie gedrag onder werknemers aan te moedig en om regverdigheid en geregtigheid in die werkplek te verseker.

Solidariteit bied ʼn omvattende kursus oor dissiplinêre verhore aan wat onder meer uiteensit hoe belangrik dit is om ʼn dissiplinêre beleid te hê en watter wetgewing vir dissiplinêre prosesse geld. In die kursus word onder meer uitgebrei op die belangrikheid van prosedurele billikheid tydens ʼn dissiplinêre proses, watter faktore in ag geneem moet word en of ontslag die billike uiteinde is.

Wat die dissiplinêre proses betref, word daar gekyk na die reg op verteenwoordiging tydens ʼn dissiplinêre ondersoek, skorsing voor ʼn dissiplinêre verhoor en hoe daar vir ʼn dissiplinêre verhoor voorberei moet word. Dit sluit algemene voorbereiding, relevante dokumentasie en konsultasie met getuies in. Aansoeke om uitstel van verhore en aansoeke om verteenwoordiging word ook onder die loep geneem.

Die kursus sit die hele dissiplinêre proses in besonderhede uiteen. Dit sluit onder meer in die rolspelers, die verloop van die proses, die lewering van getuienis en die bewyslas in ʼn dissiplinêre verhoor. Daar word verder ook gekyk na wat gebeur indien ʼn werknemer nie vir sy of haar dissiplinêre verhoor opdaag nie.

Die moontlike uitkomste van ʼn dissiplinêre verhoor word in die laaste deel van die kursus bespreek.

Dissiplinêre verhore beskerm sowel die werkgewer as die werknemer. Deur jouself te vergewis van wat ʼn dissiplinêre verhoor vanuit sowel die werkgewer as die werknemer se oogpunt behels, kan jy jouself bemagtig en bydra tot die beskerming van jou loopbaan of van jou onderneming.

Lede van Solidariteit kan hierdie kursus gratis voltooi. Klik hier vir meer inligting oor die kursus. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, skakel gerus in by jou grootste Afrikaanse werkgemeenskap en neem jou loopbaan na die volgende vlak.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel