loading
Artikels
1 jaar gelede
wees-as-jong-werkende-n-uitskieter-in-jou-beroep

Foto Krediet: Okay Deer

Wees as jong werkende ʼn uitskieter in jou beroep

Deur Heléne Leonard

Begin jy jou eerste werk en is jy bang of opgewonde? Wonder jy wat jy moet aantrek vir die eerste dag? Hoe vroeg moet jy inklok om ʼn goeie eerste indruk te skep? Elke persoon wat hul eerste werk begin, stres en is onseker oor al die bogenoemde dinge. Solidariteit Jongwerkende is hier om jou te help om van jou loopbaan ʼn sukses maak.

Om jou eerste werk en die eerste deel van jou loopbaan ná afloop van jou studie aan te pak, is met rede iets om ernstig op te neem terwyl jy terselfdertyd genot daaruit put. Hoewel ʼn mens in die praktyk baie oor die werkplek kan leer, is daar baie dinge waarby jou loopbaan reeds op ʼn jong ouderdom kan baat.

Solidariteit verstaan egter dat nie elke jongmens wat die werkplek betree, noodwendig toegang het tot iemand met antwoorde op algemene vrae nie, of antwoorde op probleme wat dikwels tydens ʼn mens se eerste werk opduik nie. Lees meer hier hoe Solidariteit ʼn loopbaanpad saam met jou stap.

Solidariteit het hiervoor Solidariteit Jongwerkende op die been gebring om die oorgang van universiteit of skool na jou eerste werk so maklik as moontlik te maak. Hier word die onsekerhede saam met jongmense aangepak en word jy bemagtig om die regte loopbaankeuses te maak.

Jongwerkende bied aan lede eindelose voordele soos die bou van ʼn CV, toegang tot beroepsnetwerke en afslag by Akademia en Sol-Tech. Mentorskapprogramme word ook aanbied sodat ʼn jongmens gou sy of haar voete kan vind en raad kan kry by ʼn kenner in die veld.

Solidariteit is daarop toegespits om bekwame mense op te lei vir werk waarin hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees en leef, en daarom is dit Jongwerkende se doel om ʼn jongmens se hand te neem en te sorg dat hy of sy ʼn uitskieter in sy of haar betrokke beroep is.  Sluit hier aan by Solidariteit en bewaarheid jou loopbaandrome.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel