loading
Artikels
7 maande gelede
wees-bewus-van-die-gevare-van-kuberkraking

Foto Krediet: OkayDeer

Wees bewus van die gevare van kuberkraking

Deur Nico Strydom         

Kuberaanvalle is steeds aan die toeneem met talle maatskappye wat nie oor die nodige beskerming daarteen beskik nie.

Die Solidariteit IT-netwerk, in samewerking met prof. Danny Myburgh, ʼn uitsonderlike leier en die besturende direkteur van die forensiese diens Cyanre, bied hierdie webinaar,Kuberkraking in Suid-Afrika aan. Prof. Myburgh se loopbaan sluit in samewerking met die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) en die internasionale polisie-organisasie, Interpol. Hy het ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se eenheid vir kubermisdaad.

Tydens hierdie webinaar bespreek prof. Myburgh die voorkoms van kuberkraking in Suid-Afrika, insluitend die omvang en werklikheid van dié situasie. Hy benadruk dat dit nie ʼn geval van “wat as” is nie, maar “wanneer”.

Daar word ook tydens die webinaar gekyk na die primêre kuberbedreigings in Suid-Afrika en hoe die statistieke lyk rakende die hoeveelheid kuberkrakingsvoorvalle en die sektore wat die meeste hierdeur geraak word. Die tipe kuberaanvalle, hoe kuberkrakers hul teikens soek en identifiseer, en uiteindelik toegang tot hulle kry, word ook onder die loep geneem.

Prof. Myburgh benadruk dat kuberveiligheid nie ʼn prioriteit is nie, maar wys daarop dat dit ʼn onderneming baie duur te staan kan kom indien ʼn kuberaanval plaasvind. Daar word gekyk na die prosesse wat onmiddellik gevolg moet word wanneer ʼn kuberaanval plaasvind ten einde dit met die minimum skade te probeer bestuur.

Behoorlike voorbereiding is noodsaaklik om kuberaanvalle te probeer afweer en die skade te beperk wanneer dit plaasvind. Prof. Myburgh gee handige wenke in hierdie verband en bespreek ook nuttige fokuspunte.

Die webinaar bied ʼn geleentheid om dieper in die wêreld van kuberveiligheid te delf en ʼn groter bewustheid van die risiko’s te skep.

Hierdie kursus kan aanlyn op Solidariteit, jou eenstop-beroepstuiste, voltooi word. Klik hier om die kursus te besigtig. Hierdie kursus is gratis beskikbaar vir lede van Solidariteit of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus kan inskryf.

Lees hier meer oor voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit.

Kennis is mag en daarom is dit belangrik om deeglik ingelig te wees van kuberkraking in Suid-Afrika. Bemagtig jouself met die nodige kennis en toerusting om ʼn kuberaanval op jou onderneming te weerstaan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel