loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
wees-die-eerste-om-solidariteit-se-nuwe-dokumenter-te-kyk

Foto Krediet: Solidariteit

Wees die eerste om Solidariteit se nuwe dokumentêr te kyk!

Deur Kyla-Ann du Toit

Solidariteit se nuwe dokumentêr, RACE to the bottom, neem kykers op ʼn eerlike en emosioneel aangrypende reis deur die geskiedenis en gevolge van Suid-Afrika se rassewette – van die oorsprong daarvan tot die hedendaagse vorm daarvan in terme van kwotas en demografiese teikens wat ons land se toekoms bedreig.

Hierdie dokumentêr bring van Suid-Afrika se mees gesaghebbende denkers en meningsvormers, onder meer Heinrich Wyngaard, Gabriel Crouse, dr. Dirk Hermann, Flip Buys, Moeletsi Mbeki en Martin van Staden byeen. Hulle deel hul kennis, ervaring en persoonlike verhale en help ons om die volle prentjie te verstaan van hoe rassewette ons samelewing beïnvloed.

Die dokumentêr lig die geskiedenis en agtergrond van rassewette en kwotas duidelik uit, en wys hoe hierdie beleide steeds ʼn negatiewe impak op ons ekonomie en menswaardigheid het.

Solidariteit nooi jou uit om saam met ons die bekendstelling van hierdie baanbrekersdokumentêr by te woon. Terwyl die wêreld se oë op Suid-Afrika is as gasheer van die G20-beraad, bied hierdie dokumentêr aan die internasionale gehoor én Suid-Afrikaners self die onverskrokke waarheid: ons land se rasgebaseerde beleid is besig om ons almal saam af te trek.

RACE to the bottom word op 10 November 2025 by die Nu Metro-fliekteater in die Menlyn Park-winkelsentrum bekendgestel, en jy word uitgenooi om deel van hierdie eksklusiewe bekendstelling te wees.

Klik hier om jou plek te bevestig en kom beleef eerstehands hoe ons deur feite, stories en getuienisse agter die kap van die rasbyl gaan kom.

RSVP’s sluit 5 November 2025.

Kyk die lokprent:

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel