loading
Artikels
1 dag gelede
wees-slim-ken-jou-regte-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Wees slim – ken jou regte in die werkplek

Deur Kyla-Ann du Toit

Dit is algemeen dat jong mense nie ten volle bewus is van hul regte in die werkplek nie. Ek het met een van ons interns, Liané Marx, gesels en sy het self gesê dat meeste jong mense onseker is oor hul regte in die werkplek wanneer en nie altyd weet vir wie om raad te vra of hoe om ʼn kwessie in die werkplek te hanteer nie.

Toe ek haar vra hoekom sy dink dit is belangrik dat jong mense hul regte ken wanneer hul die werkplek betree, het sy gesê: “Om jou kennis oor jou regte in die werkplek op te skerp, sal jou help om ʼn werk te kry waar jy werklik gelukkig is.” En dit is só waar! Jong werkendes kan maklik gemanipuleer en onbillik behandel word bloot omdat hulle nie weet watter keuses hulle het nie – en dan word die omstandighede sommer net aanvaar.

Dit hoef egter nie die geval te wees nie! Solidariteit het ʼn kursus opgestel wat jou kan help om jou kennis oor jou regte in die werkplek maklik en vinnig op te skerp. Hierdie kursus bied algemene inligting oor dissiplinêre klagtes, verhore, jaarlikse verlof, siekteverlof, kraamverlof, geleentheidsverlof, gesinsverantwoordelikheidsverlof en studieverlof.

Hoekom moet jy juis hierdie kursus voltooi? Wel, hier is wat ander kursusgangers te sê het:

  1. 1. “Dis ʼn baie goeie, insiggewende kursus. Baie dankie! (10/10)”
  2. 2. Baie interessant – vir seker iets geleer (10/10)
  3. 3. Alles word in eenvoudige en verstaanbare terme verduidelik. (10/10)
  4. 4. Dit was uitstekend en maklik verduidelik. Dit was ook volledig. (10/10)

“As jong werkende het jy meer regte in die werkplek as wat jy dink,” sê Liané. “Deur hierdie kursus te doen, leer jy wat jou regte is en wat jou in die werkplek toekom. Ken jou regte – dit is die sleutel tot jou geluk in jou werk.”

Klik hier om vandag nog die kursus te voltooi. Solidariteit-lede kan die kursus gratis voltooi, maar indien jy nie ʼn lid van Solidariteit is nie, kan jy ook betaal om die kursus te voltooi.

Solidariteit help jou om op die voorpunt van jou loopbaan te bly met opleidingskursusse van hoë gehalte wat pasgemaak is vir jóú beroep. Danksy ʼn verskeidenheid van meer as 150 kursusse vir voortgesette leer op een platform was dit nog nooit só maklik om jou volle potensiaal te bereik nie!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel