loading
Artikels
9 maande gelede
welkom-by-bosbokstrand-jou-huis-by-die-see

Foto Krediet: Verskaf

Welkom by Bosbokstrand, jou huis by die see

As jy moeg is vir ʼn besige gejaagde lewe is Bosbokstrand met sy ongerepte natuurskoon, sy rotse wat die strand omvou, groot skulpe en pragtige sonsondergange die ideale plek vir jou.

Bosbokstrand is ʼn privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus wat deesdae deel is van die Solidariteit Beweging. Die reservaat beskik oor 50 kampeerplekke en 15 selfsorg-chalets en bied talle aktiwiteite vir die hele gesin. Dit is ʼn ware hengelparadys. Verder bied ʼn strandmeer veilige swemplek vir jou en jou kinders, en vir diegene wat avontuurlustig is, is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte klowe en bosse loop. Meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom in die natuurreservaat voor.

Die vakansiebestemming beskik ook oor ander geriewe wat van jou vakansie ʼn onvergeetlike ervaring sal maak. Dit sluit ʼn speelparkie, tennisbaan, vlugbalbaan, ʼn biblioteek, ʼn snoepie en selfs ʼn wassery in. Bosbokstrand is beslis die alles-in-een-vakansieplek vir Afrikaners.

Die was die afgelope paar dekades die eienaar van hierdie natuurreservaat se doel om die ongerepte natuurerfenis wat onder sy beheer val, te beskerm en te bewaar en om ʼn ontspanningstuiste vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap te bied. Die Solidariteit Beweging gaan die nastrewing van dié doel voortsit.

Bosbokstrand is ʼn lieflike vakansiebestemming en die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan. Besoek Bosbokstrand se webblad vir meer inligting want #JyHoortHier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel