
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Welkom by jou tersiêre tuiste
Tersiêre onderwys het ʼn unieke stel uitdagings, maar óók geleenthede. Solidariteit se groep vir die tersiêre sektor is geskep om jou te ondersteun en om te verseker dat jy die uitdagings in jou beroep alleen hoef aan te pak nie.
Hier is drie belangrike redes waarom jy by hierdie groep moet aansluit:
Bou bande en wees deel van ʼn gemeenskap
As deel van die groep vir die tersiêre sektor kry jy toegang tot ʼn netwerk van kundiges wat jou loopbaanreis kan verryk. Danksy netwerkgeleenthede kan jy by ander in jou beroep leer, insigte met mekaar te deel en sterk bande met mede-akademici vorm. Dit is ook jou kans om ʼn verskil te maak – nie net in jou eie loopbaan nie, maar ook in die breër tersiêre sektor. Die deelname aan inisiatiewe by instellings soos Akademia en Sol-Tech skep die ruimte om aktief te help bou aan ʼn volhoubare onderwysomgewing in Suid-Afrika.
Word beskerm
Een van die grootste voordele van Solidariteit-lidmaatskap is die regshulp en -advies wat jy ontvang. Solidariteit se arbeidsregsadviseurs is altyd beskikbaar om vinnige en akkurate regsadvies te gee rakende arbeidskwessies in jou werkplek. Of jy hulp nodig het met kontrakte, gevalle van diskriminasie of werksvoorwaardes, Solidariteit is gereed om jou regte te beskerm. Dit gee jou gemoedsrus om te weet dat jy nie alleen is wanneer uitdagings opduik nie.
Bemagtig jouself
Die tersiêre sektor ontwikkel voortdurend en daarom is dit noodsaaklik om jou vaardighede op te skerp om bo jou mededingers uit te staan. Solidariteit bied toegang tot ʼn verskeidenheid opleidingsgeleenthede wat spesifiek vir jou loopbaan en behoeftes ontwerp is. Met meer as 130 beroepspesifieke kursusse bied Solidariteit vir jou die geleentheid om maklik jouself voortdurend te verbeter en jou volle potensiaal te bereik. Danksy hierdie kursusse kan jy aan die voorpunt van jou beroepsveld bly en tot jou eie professionele groei bydra.
Raak deel van hierdie beroepsgemeenskap en help só om die tersiêre sektor sterker te maak. Jou storie maak saak – sluit aan by die gesprek en wees deel van die verandering in jou beroep. Vind jou tuiste op hierdie groep, want #JyHoortHier!