loading
avatar
Artikels
3 dae gelede
wen-hierdie-jaar-met-solidariteit-jongwerkende

Foto Krediet: OkayDeer

Wen hierdie jaar met Solidariteit #JongWerkende!

Solidariteit wil jou sien wen, jong werkende! Daarom gee ʼn Jongwerkende-lidmaatskap jou toegang tot ʼn hele reeks praktiese hulpbronne wat jou help om te leer, te groei en jou toekoms in die werkwêreld vol selfvertroue aan te pak. Van CV-bouers en mentors tot belastingsgidse en nog vele meer – jy hoef nie alleen deur die grootmenswêreld te gaan nie.

Die oorgang van studentwees na ʼn voltydse werk is nie maklik nie. Skielik moet jy belasting betaal, maar jy weet nie eers wat ʼn IRP-5 is nie. Jy ontvang jou eerste salaris, maar hoe begroot ʼn mens? En hoe weet jy jou indiensnemingskontrak is regverdig as jy nog nooit vantevore een geteken het nie? En dan wonder jy ook nog of jy verder moet studeer terwyl jy werk …

Dit is waar Solidariteit se #JongWerkende-lidmaatskap jou kan help. Dit is jou praktiese “starter pack” vir die werklikheid ná skool of universiteit.

Met #JongWerkende kry jy vir slegs R102 per maand toegang tot:

  • ʼn Gratis aanlyn werkfasiliteringsplatform – om na jou eerste werk te soek was nog nooit so maklik nie!
  • Beroepsnetwerke – skakel in by ʼn beroepsgemeenskap in jóú beroepsveld, bou jou netwerk en bly op hoogte van nuwe geleenthede.
  • Mentorskapprogramme – leer by kundiges in jou beroep wat reeds die pad gestap het, sodat jy nie onnodige foute hoef te maak nie.
  • CV- en loopbaanhulp – laat jou CV uitstaan met Solidariteit se professionele CV-bouer en leer hoe om werkonderhoude met selfvertroue aan te pak.
  • Solidariteit Leer – met ʼn #Jongwerkende-lidmaatskap kry jy toegang tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse. Só kan jy aanhou leer en ontwikkel, sonder om ʼn plaas se pryse te betaal.
  • Vakansievoordele – geniet ʼn welverdiende, bekostigbare blaaskans by Kokoriba of Bosbokstrand (B’s & V’s geld). Net omdat jy ʼn beginsalaris verdien, beteken dit nie jy kan nie steeds vakansie hou nie. ʼn Mens is immers net een keer jonk!
  • Belangstellingsbepaler – kry toegang tot hierdie hulpmiddel wat jou help om die volgende stappe in jou loopbaan uit te pluis.
  • Arbeidsregsbystand en regsadvies – as iets in die werkplek skeefloop, staan Solidariteit se regspan agter jou.

Solidariteit beskerm jou regte in die werkplek, maar ons doen ook soveel meer. Ons stap die grootmenspad saam met jou en help jou om jou voete te vind tydens hierdie opwindende beginfase van jou loopbaan.

Jy hoef nie die werkwêreld alleen aan te pak nie! As jy wil hê Solidariteit moet namens jou as jong werkende veg, sluit vandag nog hier aan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel