loading
avatar
Artikels
2 jaar gelede
wenke-vir-finansiele-opvoeding-hoe-om-jou-kinders-finansieel-vaardig-te-maak

Foto Krediet: OkayDeer

Wenke vir finansiële opvoeding: hoe om jou kinders finansieel vaardig te maak

Deur Karen Waldeck

Finansiële verantwoordelikheid is een van die belangrikste lewensvaardighede wat ons ons kinders kan leer. Dit stel hulle in staat om doelmatig met geld om te gaan en ’n stabiele finansiële toekoms te bou. Wat ouers soms vergeet, is dat kinders hulle voorbeeld volg, selfs al kom dit by iets soos hoe om met geld te werk.

Hoe kan jy jou kind voorberei om met geld te werk?

Begin hulle leer op ʼn vroeë ouderdom

Leer jou kinders van ’n jong ouderdom af die belangrikheid van geldbestuur en spaar. Gesels met hulle oor hoe om ʼn begroting op te stel en daarby te hou. Leer hulle deur vir hulle sakgeld te gee wat hulle dan self verantwoordelik moet gebruik. Koop die tyd uit om te gaan sit en vir hulle te verduidelik hoe geld werk.

Stel ‘n goeie voorbeeld

Kinders sien op na hulle ouers. Sonder dat jy dit besef, hou jou kinders dop hoe jy met jou geld werk en hoe jy reageer wanneer jou geldsake beroerd lyk. Dit sal ook die voorbeeld wees wat hulle sal volg wanneer hulle eers finansieel onafhanklik is.

Leer hulle spaar

Moedig jou kinders aan om ’n spaarrekening te hê. Vat hulle elke maand bank toe en help hulle om hulle sakgeld te deponeer. Dit sal spaar net meer opwindend maak as hulle deel van die proses kan wees. Help hulle om doelwitte vir hul spaargeld te stel, soos ’n nuwe fiets of toekomstige studie.

Leer hulle oor ʼn begroting

Leer jou kinders hoe om ‘n begroting op te stel en hoe om dit te handhaaf. Help hulle om die konsep van inkomste en uitgawes te verstaan, en moedig hulle aan om ‘n begroting op te stel vir hulle sakgeld of enige ander geld wat hulle ontvang.

Stimuleer ondersoek en leer 

Moedig jou kinders aan om finansiële kennis op te doen deur boeke te lees, aanlyn bronne te bestudeer en selfs kursusse oor geldbestuur te volg. Hoe meer hulle weet, hoe beter toegerus hulle sal wees om verstandige finansiële besluite te neem.

Moenie hulle teen foute te beskerm nie

Laat jou kinders toe om te foute maak en daaruit te leer. Dit is deel van die leerproses. Laat hulle hul eie finansiële besluite neem en wees daar om hulle te ondersteun en te lei.

Moenie die belangrikheid van spaar onderskat nie

 Moenie die belangrikheid van spaar onderskat nie. Leer jou kinders dat spaargeld ’n prioriteit moet wees en dat dit belangrik is om geld vir toekomstige doelwitte weg te sit. Ongeag of dit nou kleingeld in ʼn spaarvarkie of geld in ʼn bankrekening is, kinders moet leer hoe om te kan spaar.

Moenie te veel finansiële druk uitoefen nie

Moenie onnodige finansiële druk op jou kinders plaas deur hulle te dwing om aan jou finansiële verwagtinge te voldoen nie. Moedig hulle aan om hul eie finansiële identiteit te ontwikkel en selfstandig finansiële besluite te neem.

Moenie bang wees om oor geld te gesels nie

Maak geld ’n normale gespreksonderwerp in die huis. Moenie bang wees om oor geldsake te gesels nie, insluitend begrotings, spaarrekeninge en beleggings. Hoe openliker jy is, hoe meer selfvertroue sal jou kinders hê om finansiële sake aan te pak.

Moedig hulle aan om vir hulp te vra indien nodig

Moedig jou kinders aan om hulp te soek as hulle finansiële vrae of probleme het. Dit kan wees deur middel van ’n gesprek met jou as ouer, ’n finansiële adviseur of selfs enige ouer persoon wat kan raad gee.

Deur saam met jou kinders te werk en hulle op hul finansiële reis te ondersteun, kan ‘n sterk en finansieel gesonde gesinsband ontwikkel word. Hierdie betrokkenheid skep nie net ’n omgewing van finansiële bewustheid nie, maar bou ook ’n fondasie vir finansiële sukses vir die hele gesin. Solidariteit Finansiële Dienste bied die beste finansiële advies wat jou kan help om jou kinders finansieel reg groot te maak.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel