loading
Artikels
1 jaar gelede
werk-is-die-hart-van-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

Werk is die hart van Solidariteit

Deur Lize-Mari Verster

Solidariteit se bestaansdoel is en bly werk. Hier wil ons hê dat jy nie net moet werk nie, maar dat jy goed moet kan werk. Goed werk beteken dat jy gelukkig in die werk is, billik behandel word en dat daar nie teen jou gediskrimineer word nie.

Ons wil ook hê ons lede moet hulle volle potensiaal bereik. Om jou volle potensiaal te bereik, beteken natuurlik om ʼn veilige werksomgewing te skep, vry van onbillike beperkings, onreg en diskriminasie. Dit sluit veral voortgesette leer in om jou potensiaal te bly ontwikkel en altyd op die voorpunt van jou beroep te wees. Ons wil ook beroepsgemeenskappe vestig waar ons mekaar kan ondersteun.

Solidariteit ondersteun jou as werknemer, en hier is drie maniere waarop ons vir jou kan waarde bied in die werkplek:

So bied Solidariteit werkbeskerming aan werknemers:

Solidariteit is jou waghond in die werkplek en beskerm jou teen uitbuiting en diskriminasie. Wanneer dit by jou werk kom, moet geen vorm van diskriminasie en rasseteikens jou daarvan weerhou om jou werk te kan doen nie.

Hoe beskerm Solidariteit jou werk?

Regsverteenwoordiging

Solidariteit verskaf gratis regsverteenwoordiging ten opsigte van beroepsverwante sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of die arbeidshof verwys word. Lees meer oor hoe Solidariteit jou in die werkplek beskerm, klik hier.

Regsadvies

Solidariteit-lede ontvang gratis regsadvies. Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike en arbeidsverwante regshulp.

Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV)

Solidariteit wil vir jou ʼn veilige werkomgewing skep en staan jou by met enige BGV-eise. Lees hier oor hoe Solidariteit se BGV-afdeling lede bystaan.

Lees meer hier oor sake waar Solidariteit sy lede bystaan in die werkplek.

Werkvoorbereiding deur voortgesette lewenslange leer:

Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer.

Jy kan op die voorpunt van jou loopbaan bly met opleidingskursusse van hoë gehalte wat pasgemaak is vir jóú beroep. Maak jouself onmisbaar deur jou CV aan te vul of die nodige VPO-punte te bekom met deurlopende opleiding en bevorderingsgeleenthede.

Dit is dikwels moeilik om kursusse by te woon wat jou vaardighede kan opskerp, maar met Solidariteit kan jy waardevolle leermodules wat relevant tot jóú werksomgewing is, aanlyn en in die gemak van jou huis voltooi.

As Solidariteit-lid kry jy gratis toegang tot meer as 70 kursusse. Kyk hier na al die kursusse!

Netwerk deur aanlyn werkgemeenskappe

Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie. Dit is ‘n gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig oor die beroep te hou, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.

Hierdie gemeenskappe funksioneer ook aanlyn in groepe op Solidariteit se platform. Hier kry jy toegang tot alles wat met jou werk te make het. Dit is soos ʼn boeremark, maar vir werk en aanlyn. Hier kom mense deur middel van tegnologie bymekaar. Hier kuier jy saam en help mekaar in jou eie beroep.

#RaakTuis! Registreer ’n profiel en raak deel van jou grootste aanlyn werkgemeenskap. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel