loading
avatar
Artikels
2 weke gelede
werkbeskerming-r218-per-maand-of-meer-as-r100-000-as-dit-te-laat-is

Fotokrediet: OkayDeer

Werkbeskerming: R218 per maand of meer as R100 000 as dit te laat is?

Deur Leré Nel

Jou werk is waarskynlik een van jou grootste bates – trouens, vir die meeste mense ís dit hul grootste bate. Dit betaal jou huisverband of huur, sit kos op die tafel, laat jou toe om vir jou gesin te voorsien en help jou om vir die toekoms te beplan.

Ons weet hoe belangrik ons werk is. Daarom bereken ons ons salaris, onderhandel ons oor verhogings; ons kyk na ons voordele, bonusse en pensioenfondse.

Maar wat kos dit jou as iets by die werk skeefloop?

Niemand beplan daarvoor nie

Niemand gaan werk toe met die verwagting om daardie dag in ʼn arbeidsgeskil betrokke te raak nie. Net soos ʼn motorongeluk, gebeur dit onverwags. Jy kan skielik met ʼn tugproses, onbillike behandeling of ʼn ander arbeidsregtelike kwessie gekonfronteer word – en dan moet jy vinnig weet wat jou regte is en wie jou gaan help om dit te beskerm.

Dit is juis dan wanneer die koste van professionele regshulp ʼn harde werklikheid word.

Privaat regshulp tydens ʼn arbeidsgeskil kan jou meer as R100 000 uit die sak jaag. En vir die meeste werkende mense is dit nie geld wat dadelik beskikbaar is wanneer ʼn probleem onverwags opduik nie.

Kan jy dit bekostig om alleen vir jou werk te veg?

Moenie wag totdat iets skeefloop nie

Arbeidsregsverteenwoordiging is nie iets waaraan ʼn mens eers moet begin dink sodra ʼn geskil reeds ontstaan het nie. Teen daardie tyd is dit dalk reeds te laat om te wonder waar jy die geld vir professionele regshulp gaan kry.

Deur by Solidariteit aan te sluit, maak jy vooraf voorsiening vir die dag wanneer jy dalk iemand nodig het om saam met jou vir jou werk te veg.

Vir slegs R218 per maand kry Solidariteit-lede toegang tot professionele arbeidsregsverteenwoordiging en regsadvies as deel van hul lidmaatskap.

Vergelyk dit met die moontlike koste van privaat regshulp: R100 000 of selfs meer, teenoor R218 per maand.

Dit plaas die waarde van werkbeskerming in perspektief.

Dié beskerming gaan oor meer as rand en sent. Wanneer daar onsekerheid by die werk ontstaan, wil jy weet dat jy nie alleen hoef uit te vind wat om te doen nie. Jy wil toegang hê tot opgeleide regslui wat arbeidskwessies verstaan en jou kan help om jou regte en jou werk te beskerm.

Jou werk verdien beskerming

Ons verseker ons motors en huise omdat ons verstaan wat dit sou kos om dit te verloor. Tog wag baie mense totdat ʼn probleem by die werk ontstaan voordat hulle aan arbeidsregsverteenwoordiging dink.

Jou werk verdien dieselfde beskerming. Jou werk moet ook verseker word.

Moenie wag vir ʼn arbeidsgeskil om die waarde van werkbeskerming te besef nie. Maak seker dat wanneer iets onverwags gebeur, jy nie alleen hoef te staan of eers hoef te vra wat dit jou gaan kos om vir jou werk te veg nie.

Beskerm jou werk. Beskerm jou toekoms.

Sluit vandag by Solidariteit aan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel