Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Werkgewer, adverteer gratis en bereik die regte mense op Solidariteit
Deur Kyla-Ann du Toit
Om die regte persoon vir ʼn vakante pos aan te stel, is dikwels een van die grootste uitdagings wat werkgewers in die gesig staar. Werwing kan maklik tydrowend, duur en frustrerend raak – veral as jy nie die regte hulpmiddels het nie. Dit hoef egter nie so te wees nie. Solidariteit se werkfasiliteringsplatform bied vir werkgewers ʼn eenvoudige en gratis oplossing om jou poste te adverteer én uitstekende kandidate te bereik.
Geen kostes, maar gehalte-kandidate
By Solidariteit verstaan ons die werklikheid van ondernemings. Of jy nou ʼn kleinsakeonderneming of ʼn gevestigde maatskappy is, elke aanstelling tel, en elke fout kos tyd en geld. Daarom maak ons dit vir werkgewers moontlik om poste heeltemal gratis te adverteer, sonder ingewikkelde prosesse of verborge fooie.
Sodra jy jou pos op Solidariteit geskep en geplaas het, word dit nie net op die platform sigbaar nie, maar ook aktief bemark in Solidariteit se uitgebreide netwerke. Ons deel jou pos in WhatsApp- en Facebook-groepe waar duisende gemotiveerde werksoekers daagliks aktief is en spesifiek op soek is na nuwe geleenthede.
Meer as net ʼn posadvertensie
Solidariteit se werkfasiliteringsaanbod is veel meer as net ʼn advertensiebord. Deur jou poste op Solidariteit te plaas, kry jy toegang tot ʼn groter netwerk en bereik jou pos pasgemaakte kandidate. Behalwe vir WhatsApp en Facebook, is daar ook toegang tot ons LinkedIn-gemeenskap, waar werkgewers en mensehulpbronnebeamptes idees uitruil, vrae vra en saamwerk om die regte mense vir die regte poste te kry.
Hier deel ons ook gereeld artikels, wenke en netwerkgeleenthede wat jou werwingstrategie versterk. Jy vorm dus deel van ʼn groter Afrikaanse werksgemeenskap wat saam bou aan ʼn volhoubare arbeidsmark.
Die regte plek en die regte kandidate
Een van die grootste voordele van Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is dat jy vinnig die regte, relevante aansoeke vir jou posadvertensie ontvang. Die mense wat op Solidariteit se werkfasiliteringsplatform geregistreer is, is gemotiveerd, doelgerig en trots op hul werk. Jy werk dus nie deur hope irrelevante CV’s nie – jy sien gehalte kandidate.
Boonop hoef jy nie self elke kandidaat op te spoor nie – werksoekers sien jou advertensie direk en kan dadelik aansoek doen. Jy kry dus vinniger reaksie wat verseker dat jy jou span vinniger versterk.
Hoe werk dit?
Die proses is eenvoudig:
1. Skep jou gratis werkgewerprofiel op Solidariteit se werkplatform. (Klik hier om dit sommer vandag nog te doen.)
2. Skep jou posadvertensie. (Klik hier om dit te doen indien jy reeds ʼn werkgewerprofiel het.)
3. Ontvang aansoeke direk – sonder kostes en sonder kompleksiteite. Kyk hier hoe lyk die werksoekportaal.
4. Kry ekstra blootstelling deur ons netwerke op LinkedIn, Facebook en WhatsApp.
5. Stel die perfekte kandidaat vir jou pos aan.
Of jy dus op soek is na ʼn elektrisiën, ʼn kantooradministrateur of ʼn projekbestuurder, Solidariteit help jou om die regte mense te bereik.
Registreer vandag nog jou profiel, plaas jou poste gratis en begin met die aanstellingsproses – vinnig, maklik en sonder koste!
Klik hier vir meer inligting.