loading
Artikels
3 maande gelede
werkgewers-adverteer-so-n-pos

Foto Krediet: OkayDeer

Werkgewers: Adverteer só ’n pos

Hoe lok jy as werkgewer nuwe talent in ʼn era waarin alles digitaal bestuur word? Danksy Solidariteit kan jy nou al jou vakante poste op een plek adverteer – ʼn plek waar rassevereistes nie ʼn rol speel nie. Hier kan jy vanuit die gemeenskap, vir die gemeenskap help werk skep. Het jou onderneming al ʼn profiel op Solidariteit?


Deur Nico Strydom

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform, bekend as Solidariteit Werk, bied aan werkgewers die geleentheid om hul vakante poste op een van die mees dinamiese hulpbronne te adverteer.

Solidariteit se werksoekportaal is dié plek om jou vakante poste in 2025 te adverteer. Sowat 2 500 organisasies adverteer weekliks hul poste op Solidariteit, en jou gratis werkgewerprofiel gee jou toegang tot honderde kandidate wat met een klik maklik vir jou pos kan aansoek doen.

As ’n gelyste werkgewer op Solidariteit ontvang jy verskillende voordele. Dit sluit in dat jy soveel poste soos wat jy wil in drie maklike stappe gratis op Solidariteit kan adverteer.

Jy moet eerstens ʼn persoonlike profiel skep voordat jy ʼn profiel vir jou maatskappy kan skep. Sodra jou profiel geregistreer is, klik op die logo aan die regterkant van die skerm. Klik dan op “My lys van werkgewers”. Dit is waar jy jou gratis profiel vir jou maatskappy kan registreer. Klik op “Voeg ʼn werkgewerprofiel by” en vul al die nodige velde in voordat jy op “Skep” klik. Jy kan administrateurs op jou maatskappy se profiel voeg – dit is ʼn ander werknemer van jou maatskappy wat ook daarvoor verantwoordelik sal wees om poste op te laai asook om CV’s af te laai.

Hoe stel ek ’n pos reg op?

Gaan na die tuisblad en klik op “Werk” en dan op “Laai ʼn nuwe pos” aan die linkerkant van die skerm. Vul die nodige inligting in. Jou pos sal in drie eenvoudige stappe geplaas word.

Eerstens moet daar ’n behoorlike postitel wees. Hierna word die maatskappy uit die aftreklys gekies. Die soort werkplek verwys na die tipe werkomgewing, en die opsies is werkplekgebonde, afstandwerk of hibriede werk. Die volgende stap is om te sê waar die pos geleë is en dan of die pos permanent, deeltyds, op kontrak of vryskut is. Jy kan dan ’n skakel na die maatskappy se webtuiste plaas en die sluitingsdatum vir aansoeke gee.

Op die volgende blad moet jy die posverantwoordelikhede, die posvereistes, die posvlak, die verwagte ervaring, die topvaardighede wat benodig word en die vereiste kwalifikasie/s lys.

Het jy geweet?

  • • Poste kan in Engels geplaas word en hoef nie na Afrikaans vertaal te word nie.
  • • Meer as een administrateur kan by die werkgewer se profiel gevoeg word, sodat jou kollegas jou kan bystaan met die plasing van poste en aflaai van CV’s.
  • • Jy kan poste wat verkeerdelik geplaas is, verwyder of wysig soos nodig.
  • • Ons bied bemarkingsvoordele aan werkgewers deur hul poste namens hulle gratis te bemark op Solidariteit se Facebook-blad vir werk.
  • • Deur jou werkgewerprofiel op Solidariteit te registreer, word jou inligting outomaties op ’n databasis gestoor sodat ons jou na ons werkgewersnetwerkgeleenthede toe kan uitnooi.

Raak vandag nog deel van hierdie Afrikaanse gemeenskap van werk en skep vir jou onderneming ʼn profiel op Solidariteit. Die toekoms van werk is net ʼn paar klikke weg!

Het jy nog wenke nodig? Klik hier om ons volledige gids te besigtig.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel