loading
Artikels
9 maande gelede
werkgewers-ontdek-hoe-jy-gratis-poste-kan-adverteer-en-jou-maatskappy-kan-bemark-met-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

Werkgewers, ontdek hoe jy gratis poste kan adverteer én jou maatskappy kan bemark met Solidariteit

Solidariteit se hart klop al sedert 1902 vir werk, en as werkgewer kan jy waardevolle ondersteuning aan Solidariteit se beroepsnetwerke bied deur nie net jou maatskappy sigbaar te maak nie, maar ook aktief deel te wees van ʼn gemeenskap wat werk bevorder en jongmense ʼn hupstoot gee.  Solidariteit glo in die krag van die gemeenskap en weet dit is die sleutel tot die bou van ʼn volhoubare toekoms.

Wat kry jy as jy poste op Solidariteit bemark?

  1. Gratis bemarking

Deur jou werkgewerprofiel op Solidariteit te laai, ontsluit jy verskeie voordele wat jou onderneming kan bevorder. Een van die mees prominente voordele wat Solidariteit jou as werkgewer bied, is ʼn reusebemarkingsvoordeel. Kandidate kan ook poste op jou werkgewerprofiel gaan soek.

Wenke om jou werkgewerprofiel te laat uitstaan en aansoeke te vermeerder:

  • Voltooi jou werkgewerprofiel so volledig as moontlik.
  • Laai gerus jou onderneming se embleem (logo) op vir meer sigbaarheid.
  • In die veld “Beskrywing” kan jy enige bemarkingsteks van jou keuse invul – en indien jy dit graag in Afrikaans wil plaas, is jy welkom om die Engelse teks vir ons aan te stuur vir vertaling – ons help gratis hiermee.
  • Administrateurs om te help om die werkgewerprofiel te bestuur

As werkgewer kan jy addisionele administrateurs laai om jou te help om die organisasie se profiel te bestuur. Hulle kan byvoorbeeld help om poste te laai en CV’s af te laai.

Hoe werk dit?
Die persoon wat jy as jou administrateur identifiseer, moet eerstens ʼn profiel van hul eie skep (doen dit hier). Sodra dit gedoen is, kan jy op jou werkgewerprofiel onder lede slegs hul e-posadres opsoek en hulle byvoeg.

  • Maklike administrasie van aansoeke

Die aansoekproses vir werksoekers is verbeter om dit vir werkgewers makliker te maak om kontakbesonderhede en CV’s te hanteer. Kandidate kan steeds aansoek doen met ʼn CV wat met hul Solidariteit-profiel geskep is, maar het nou ook die opsie om ʼn CV in te dien wat hulle self opgestel het. Dit gee jou as werkgewer die geleentheid om kandidate se besonderhede duidelik te sien en maklik toegang tot hul CV’s te kry.

Hoe laai ʼn mens ʼn CV af of verwyder ʼn geadverteerde pos?
Om ʼn CV af te laai, klik eenvoudig op die opsie aan die regterkant van die skerm. En as jy poste het wat jy nie meer wil vertoon nie, kan jy dit vinnig en maklik verwyder deur op die drie kolletjies aan die regterkant van die pos te klik.

Solidariteit is nie net ʼn plek waar werkgewers en werksoekers mekaar kan ontmoet nie – dit bied ook leergeleenthede vir jou as werkgewer. Formele kwalifikasies is nie die enigste manier om talent binne jou organisasie te ontwikkel nie.

Registreer vandag jou onderneming op Solidariteit! Skep jou werkgewerprofiel, voltooi jou onderneming se besonderhede volledig en ontsluit bemarkingsvoordele terwyl jy bydra tot ‘n gemeenskap wat werk as die hart van Solidariteit sien. Dit is nou tyd om ʼn verskil te maak; klik hier om jou gratis profiel te skep!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel