loading
Artikels
9 maande gelede
werkloos-hou-moed

Foto Krediet: OkayDeer

Werkloos? Hou moed

Deur Nico Strydom

Om moedeloos te wees weens die onbeskikbaarheid van werk in jou veld of die onvermoë om werk te kry weens jou tekort aan vaardighede, kan ʼn rol daarin speel waarom jy na ʼn lang tydperk van werkloosheid nie werk te kry nie.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmag-opname is jou kanse om werk te kry baie groter as jy aanhou om werk te soek, onmiddellik beskikbaar is om ʼn werk te aanvaar of wanneer jy ʼn besigheid begin.

Diegene wat vir ʼn kort termyn werkloos is, is volgens die opname ook meer geneig om werk te kry as diegene wat vir ʼn jaar of langer werkloos was.

In 2020 was die oorgang na werk vir diegene wat vir ʼn lang termyn werkloos was drie tot vier keer minder as vir persone wat vir ʼn kort termyn werkloos was. Net sowat 5,9% van diegene wat in die derde kwartaal van 2020 in hul soektog na werk moedeloos was, het in die volgende kwartaal werk gekry, terwyl 11,9% van diegene wat werk gesoek het en beskikbaar was, werk gekry het.

Werklose vroue sukkel meer as werklose mans om werk te kry. Werkloses wat werksondervinding en hoër vlakke van onderwys of opleiding het, se kanse is groter om werk te kry.

Solidariteit pak werkloosheid só

Solidariteit het oor die jare heen verskeie inisiatiewe van stapel gestuur om ’n goed opgeleide, goed betaalde en produktiewe werksmag daar te stel. Elkeen wat wil werk, moet kan werk.

Solidariteit beskerm sy lede in die werkplek, onderhandel namens sy lede vir billike vergoeding en veg teen onbillike rassediskriminasie in die werkplek.

Opleiding en ontwikkeling is vir Solidariteit belangrik en daarom word instellings gebou, Akademia en Sol-Tech, waarbinne goeie gehalte tersiêre opleiding asook opleiding in skaars vaardighede aan studente gebied kan word.

Die Solidariteit Helpende Hand Studietrust (HHST) maak behoeftige Afrikaanse studente se studies moontlik deur middel van rentevrye studielenings. Solidariteit se voortgesette leer-aanbod is die ander manier waardeur Solidariteit in sy lede se toekoms belê.

Solidariteit het ook beroepsnetwerke bekendgestel waar mense van ’n betrokke beroep saamgesnoer word as ’n gemeenskap om elke werknemer die geleentheid te bied om betrokke te raak by die behoud, uitbou en volhoubaarheid van hul betrokke beroep. Dit gee werknemers in ’n spesifieke beroepsveld nie net die geleentheid om deel te wees van netwerkgeleenthede en mentorskappe nie, maar ook om in hul loopbaan te ontwikkel en hul kennis te op te skerp.

Soek só werk:

Solidariteit bied gratis werkfasilitering waar werknemers en werkgewers mekaar in Afrikaans kan ontmoet.

In September 2023 het Solidariteit die nuwe digitale era met splinternuwe platformtegnologie aangegryp om dit vir jou maklik te maak om werk te soek en te vind. Ja, hierdie diens is GRATIS en jy kan eenvoudig net ’n profiel skep, jou besonderhede invul en dan werkgeleenthede begin soek. Meer as 2000 organisasies is op soek na jóú!

Skep jou profiel vandag nog. Klik hier en gee jou loopbaandrome vlerke.

 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel