loading
Artikels
3 jaar gelede
werknet-waar-werkgewers-en-werknemers-mekaar-kan-ontmoet

Foto Krediet: OkayDeer

Werkfasilitering – Waar werkgewers en werknemers mekaar kan ontmoet

Deur Ané Janse van Rensburg

Een van die belangrikste maniere om mekaar te help, is om mekaar in diens te neem. Werkfasilitering se doel is om werk op groot skaal te fasiliteer. Dit gaan ten doel hê om mense wat hul werk weens die pandemie verloor het, weer in die werkplek terug te kry, om mense te help om mobiel te wees en beter werk te soek, en om ondernemings in staat te stel om goeie werknemers in diens te neem.

Solidariteit is nie ‘n werwingsagentskap nie, maar ons werkfasiliteringsplatform is ʼn aanlyn bymekaarkomplek waar werknemers en werkgewers in Afrikaans met mekaar kan netwerk!

Jy kan die volgende funksies op Solidariteit vind:

  • Die publiek kan CV’s op ʼn vooraf opgestelde templaat laai deur ’n profiel te skep.
  • Werkgewers kan poste op ʼn vooraf opgestelde templaat adverteer. Die platform dien ook as bemarkingsblootstelling vir jou poste. Híér word jou organisasie se poste op beroepspesifieke platforms en op sosiale media versprei om te verseker dat ’n groter aantal potensiële werknemers bereik kan word.
  • Werknemers kan geadverteerde poste besigtig en hul CV’s vir beskikbare poste indien. Werkfasilitering maak daarmee saam die deure vir werknemers oop om met verskillende organisasies en mense van dieselfde beroep in verbinding te tree. Beroepsnetwerke maak dit vir jou moontlik om kontakte op te bou en só ook jou beroepsreis ʼn hupstoot te gee!
  • Die jeug is vir ons belangrik, en daarom bied werkfasilitering die geleentheid vir werkgewers en kandidate om klerkskappe, internskappe, vakansiewerk en gemeenskapswerk op Solidariteit aan te bied of te bekom.

So werk dit:

  • Skep ʼn profiel waar jou CV veilig bewaar word.
  • Lede se volledige inligting word op werkfasilitering gelaai. Hierdie inligting stel lede dan in staat om met die klik van ʼn knoppie te kan aansoek doen vir ʼn geadverteerde pos.
  • Uiteindelik is werkfasilitering ʼn slim stelsel wat aansoeke en plasings asook produkte en dienste met mekaar koppel.

Die totale loopbaanpad van ʼn Solidariteit-lid is op die werkplatform beskikbaar.

Solidariteit wil jou loopbaanpad saam met jou aandurf! Deur poste te adverteer en werknemers en werkgewers met mekaar in kontak te bring, bemagtig ons mekaar om aan ’n voorspoedige toekoms te bou vir diegene wat reeds werk en ook vir diegene wat werk soek.

Begin jou beroepsreis, klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel