loading
avatar
Artikels
1 week gelede
werksoeker-en-werkgewer-solidariteit-wys-jou-hoe-om-2026-vir-n-ses-te-slaan

Foto Krediet: OkayDeer

Werksoeker en werkgewer – Solidariteit wys jou hoe om 2026 vir ʼn ses te slaan!

Deur Kyla-Ann du Toit

Die nuwe jaar bring vars moontlikhede! Solidariteit se werkfasiliteringsplatform gee vir jou alles wat jy nodig het om 2026 vir ʼn ses te slaan, en dit is heeltemal gratis. Of jy nou werk soek of ʼn wenspan wil bou, Solidariteit is jou geheime wapen.

Werksoeker: Begin jou jaar met ʼn wenplan

Dit is nóú die tyd om jou CV af te stof, jou loopbaandoelwitte te hersien en aktief aansoek te doen vir poste wat jou loopbaandrome kan verwesenlik. Met ʼn gratis profiel op Solidariteit se werkfasiliteringsplatform kry jy toegang tot:

  • • duisende werkgeleenthede van meer as 2 500 verskillende organisasies wat weekliks adverteer;
  • • ʼn omvattende CV- en onderhoudgids om jou te help voorberei; en
  • • praktiese hulpmiddels, soos die Studeerkamer, met talle gratis template, gidse, video’s en wenke.

Werkgewer: Bou jou wenspan in 2026

Begin die jaar strategies. As jy op soek is na Afrikaanse talent wat jou onderneming se waardes deel, bied Solidariteit die ideale oplossing. Met ʼn gratis werkgewerprofiel kry jy toegang tot:

  • • ʼn betroubare werkportaal waar jy gratis poste kan plaas;
  • • aansoeke wat jy direk van werksoekers ontvang;
  • • bemarking van jou poste op sosiale media, insluitend Facebook, WhatsApp en LinkedIn; en
  • • nuttige groepe en inhoud wat spesifiek op werkgewers gemik is.

Skryf jou eie suksesverhaal

Solidariteit help jou nie net om ʼn pos of kandidaat te kry nie – dit gee jou ʼn werklike voorsprong in ʼn kompeterende wêreld. Dit is nie net nog ʼn werkplatform nie, maar ʼn Afrikaanse aanlyn gemeenskap waar mense mekaar ondersteun. Of jy ʼn werksoeker of ʼn werkgewer is, hier gaan dit oor gemeenskap, groei en geleenthede.

Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te registreer en slaan 2026 vir ʼn ses – sommer met toe oë!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel