
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Wolkskool 2025: Jou vennoot vir makliker en beter onderrig
Deur Maryna Eksteen
Onderwyser, is jy gereed om die las ligter te maak en die leerproses meer doeltreffend en genotvol vir jou leerders te maak? Wolkskool, ʼn inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), bied in 2025 die ideale hulpmiddel vir jou klaskamer – en jou toekoms.
Wolkskool is nie net ʼn hulpmiddel nie; dit is ʼn revolusie in onderrig. Hierdie aanlyn leerderbestuurstelsel is spesifiek ontwerp om in die unieke behoeftes van die moderne, 21ste eeuse klaskamer te voorsien. Met video-lesse, werkkaarte, aanlyn assesserings, aflaaibare handboeke en meer word dit makliker as ooit vir onderwysers om lesse voor te berei en hul leerders se aandag te behou.
Wolkskool se inhoud, wat aan die KABV-kurrikulum voldoen, is deur ervare SOS-onderwysers ontwikkel. Die materiaal is nie net akkuraat en relevant nie, maar ook dinamies en kreatief – perfek om vervelige klasse in onvergeetlike leerervarings te omskep.
Hier is net ʼn paar redes hoekom onderwysers dit nie kan bekostig om Wolkskool mis te loop nie:
- • Dit maak jou taak ligter: Wolkskool se hulpmiddels bespaar ure se voorbereiding en gee jou meer tyd om op jou passie – onderrig – te fokus.
- • Dit skep kreatiewe en innoverende lesse: Of dit nou ʼn opwindende Wiskunde-les of ʼn inspirerende Geskiedenis-klas is, Wolkskool help jou om die oemf-faktor na jou klaskamer te bring.
Met meer as 16 000 lesse, 18 vakke, en lesmateriaal vir graad 1 tot 12, bied Wolkskool die vryheid aan leerders om in hul eie tyd en teen hul eie pas te leer. Hierdie selfgerigte benadering help leerders om onafhanklik en vol selfvertroue te groei – presies wat nodig is om sukses in die 21ste eeu te verseker.
Wolkskool is meer as net ʼn hulpmiddel – dit is deel van Solidariteit se groter visie om kennisinstellings vir die volgende generasie te bou. Deur in inisiatiewe soos Wolkskool te belê, stel ons ons kinders en ons gemeenskappe in staat om met selfvertroue vorentoe te beweeg in ʼn wêreld wat voortdurend verander.
Onderwysers, moenie 2025 ingaan sonder Wolkskool aan jou kant nie! Word deel van hierdie innoverende beweging en maak onderrig makliker, meer genotvol en ongelooflik effektief. Besoek die Wolkskool-platform vandag en ervaar hoe dit jou klaskamer kan verander.
As ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk het jy outomaties toegang tot Wolkskool. Klik hier vir meer inligting.