
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Word ʼn bobaas-entrepreneur met Solidariteit
Deur Maryna Eksteen
Om ʼn besigheid van die grond af op te bou is een van die mees uitdagende dinge wat mens in jou lewe kan doen.
Simon Sinek noem homself ʼn onwrikbare optimis en is die bekende skrywer van verskeie self-help- en besigheidsboeke, onder meer die New York- topverkoper, Start with Why.
Hy beskryf die begin van ʼn nuwe onderneming só: “So much of starting a business or effecting change boils down to having the confidence and courage to simply try.”
Die geboorte van ʼn onderneming kan vergelyk word met die geboorte van ʼn kind wat dan ook grootgemaak moet word. Selfs voor die geboorte is daar al groot opgewondenheid en beplanning wat gedoen moet word. Indien dit ʼn eerste kind is, moet heelwat aankope soos ʼn babawaentjie, ʼn bababed en bottels, gedoen word. Daar moet gedink word hoe die baba versorg gaan word, en dan moet daar ook beplan word vir die kind se skooljare en na watter kleuterskool en later “groot” skool die kleintjie eendag sal gaan.
Die afwagting van ʼn baba wat op pad is maak dat ʼn mens voel, dink en doen. Ons voel die opgewondenheid van die afwagting van ʼn nuwe lewe. Ons dink aan al die dinge wat gedoen moet word. En as die baba daar is, het jy ʼn groot verantwoordelikheid om die kleintjie te versorg en groot te maak.
Solidariteit wil seker maak dat jy as nuwe “ouer” van ʼn besigheid al die regte gereedskap het om ʼn suksesvolle entrepreneur te wees. Die einddoel van enige besigheid is om ekonomies volhoubaar te wees en dit verg goeie integrasie van die emosionele aspekte, strategie en die uitvoer van take. Solidariteit bied dus ʼn entrepreneurskapkursus aan om jou te bemagtig om nie net al die take van ʼn nuwe besigheid te verstaan nie, maar om dit ook met sukses te kan deurvoer.
Hierdie kursus bied ʼn interaktiewe en veeldoelige leerervaring vir aspirant-entrepreneurs. Dit dek ʼn reeks sleutelkonsepte en vaardighede wat benodig word om ʼn suksesvolle onderneming te begin en te bestuur. Dit sluit in die ontleding van markgeleenthede, die ontwikkeling van ʼn sakeplan, finansiële bestuur, asook bemarkingstrategieë. Dit stel die kursusganger in staat om ʼn dieper begrip van die ondernemingswêreld te ontwikkel en om praktiese vaardighede op te bou om ʼn suksesvolle onderneming te vestig en te laat groei.
Ná afloop van hierdie kursus sal jy ten volle in staat wees om van ʼn suksesvolle onderneming van jou idees te bou.
Om vir opleiding te registreer is so maklik soos een, twee, drie. Klik hier om meer te lees oor hoe jy vir Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer kan inskryf. Leer jou toekoms oop met Solidariteit.
Jou toekoms is in jou hande.