Hoe dien ek ʼn nuwe saak in?

Hoe dien ek ʼn nuwe saak in?

Stap 1: Teken in op Solidariteit-aanlyn en klik op “Lidmaatskap” in die paneel aan die linkerkant van die skerm.

Stap 2: Soek die “My regsake”-knoppie en klik daarop.

Stap 3: Klik op “Dien ʼn nuwe mandaat in”.

Stap 4: ʼn Skerm met die boodskap “Welkom by Solidariteit se arbeidsregklagtevorm” sal verskyn. Volg die vier stappe op die skerm om jou saak aan te meld. Klik ná die voltooiing van elke stap op “Gaan voort”.