loading
Artikels
11 maande gelede
82312

Foto Krediet: OkayDeer

Skryf só in vir voortgesette leer!

Welkom by Solidariteit se platform vir voortgesette leer waar jy as lid gratis toegang het tot meer as 60 kursusse. Sodra jy jou gratis Solidariteit-profiel op www.solidariteit.co.za geskep het en jou lidmaatskap daaraan gekoppel het, land jy op die tuisblad waar jy ’n hele wêreld van leer en werk sal ontdek. Klik hier om te lees hoe om ʼn profiel te skep.

Om vir opleiding te registreer, is so maklik soos een, twee, drie. Hier volg ʼn paar stappe wat jy kan volg:

Stap 1: Klik op die Leer-knoppie op die kieslys aan die linkerkant van die bladsy.

Stap 2: Klik op die prentjie van die kursus waarvoor jy wil inskryf deur die kursusnaam te soek of net deur die kursusse te blaai.

Stap 3: Klik op “Woon hierdie kursus by”.

Stap 4: Klik op “Teken aan op Solidariteit”.

Stap 5: Klik op “Magtig” om Leer toestemming te gee om na jou profiel (rekening) te gaan. Dit is nie ’n finansiële transaksie nie. Jy sal slegs een keer magtiging hoef gee waarna die konneksie gemaak sal wees.

Stap 6: Klik op “Skryf my in”.

Stap 7:  Baie geluk! Jy is nou ingeskryf vir die kursus. Volg die instruksies op die kursusblad om met die kursus te begin.

Klik hier om die gids af te laai.

Leer jou toekoms oop met Solidariteit. Indien jy nog nie ʼn lid is van Solidariteit is nie, klik hier om onder ʼn minuut deel te word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel