loading
Artikels
1 jaar gelede
bemark-jou-skool-raak-bemarkingfiks-met-die-bootcamp

Foto Krediet: OkayDeer

Bemark jou skool: Raak bemarkingfiks met dié “bootcamp”

Deur Nico Strydom

Skole bevind hulself in ʼn baie mededingende omgewing met ouers en leerders wat talle opsies tot hul beskikking het. Daarom is dit nodig om jou skool te bemark ten einde bewustheid van die skool te verhoog en die skool se handelsmerk te vestig.

Bemarking van jou skool sal onder meer help om die skool se waardes en kultuur ten toon te stel en ʼn goeie reputasie te bou. Dit word onder meer gedoen deur middel van interaksie met eksterne en interne belanghebbendes, mediaverhoudinge, ʼn goeie webwerf en die gebruik van sosiale media.

Solidariteit bied vir jou die geleentheid om ʼn bemarking-“bootcamp” te doen wat jou in staat sal stel om bemarking te gebruik om deure vir jou skool oop te maak en jou te help om ʼn verskil te maak, ongeag hoe klein of groot jou skool is.

In Solidariteit se kursus “Bemarking-bootcamp” sal jy leer om ʼn plan met strategiese doelwitte op te stel ten einde ʼn gefokusde bemarkingstrategie vir jou skool saam te stel. Wanneer jy jou skool bemark, is dit belangrik om presies te weet met wie jy wil praat. Hierdie kursus sal jou help om die verskillende teikengehore te identifiseer en jou leer hoe om vir hulle te bemark.

Marisa Engelbrecht, die aanbieder van hierdie kursus, bied praktiese voorbeelde in die vorm van template wat gebruik kan word om jou skool se visie deurlopend na alle bemarkingsaksies oor te dra.  Die template kan onder meer gebruik word om bemarkingstrategieë op te stel rakende verskeie aspekte soos kapasiteit, korporatiewe identiteit, interne bemarking, gefokusde bemarking, sosiale media en elektroniese kommunikasie, fondsinsamelingsvoorstelle en -projekte, sport, ondersteuners en alumni.

Die verskillende bemarkingstrategieë word gedoen aan die hand van geleenthede, bedreigings, prioriteite, aksieplanne, betrokke persone en vordering in terme van sperdatums en ʼn afhandelingsdatum.  

Nadat ʼn bemarkingstrategie opgestel is en daar op die betrokke strategie besluit is, is dit tyd om ʼn veldtogplan op te stel. Die veldtogplan sit die sleutelprestasies, aksieplanne, benodigde materiaal, uitdagings, lesse geleer, voorstelle, hoogtepunte en kostes uiteen.

Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling. Lees hier meer oor jou eenstop-beroepstuiste vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus en ander kursusse op Solidariteit kan inskryf.

Bemagtig jouself en staan uit bo jou mededingers. Jou toekoms is in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel