loading
Artikels
1 jaar gelede
beroepsnetwerke-bereik-nuwe-hoogtes-in-jou-beroep

Foto Krediet: OkayDeer

Beroepsnetwerke: Bereik nuwe hoogtes in jou beroep

Deur Maryna Eksteen 

Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie. Dit is ‘n gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Wees onmisbaar in jou beroepstuiste!

Met toegang tot ʼn verskeidenheid van beroepsnetwerke word mense nie net volgens hulle werkplekke georganiseer nie, maar ook volgens hulle beroepe. Dit breek nuwe markte vir lede van Solidariteit oop.

Waar pas jy in die prentjie? Is daar ʼn beroepsnetwerk vir jou? Die volgende beroepsnetwerke is reeds by Solidariteit gevestig:

As jy nog nie heeltemal seker waarom jy aan ʼn beroepsnetwerk moet behoort nie. Daar is geen rede vir kommer nie, lees hier meer.

Solidariteit se beroepsnetwerke is op die volgende sewe pilare geskoei:

  1. 1. Internskappe en mentorskappe (jong mense)
  2. 2. Beroepsvoorbereiding en -opleiding (jong mense)
  3. 3. Werkfasilitering
  4. 4. Beroepspesifieke inligting
  5. 5. Voortgesette leer
  6. 6. Netwerkgeleenthede
  7. 7. Werkbeskerming

Klik hier en word deel van Solidariteit se beroepsnetwerke en ontdek nuwe moontlikhede in jou beroep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel