loading
Artikels
2 weke gelede
die-belangrikheid-van-mentorskap-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Die belangrikheid van mentorskap in die werkplek

Mentorskap is iemand om te raadpleeg, ’n oor wat luister en ’n hupstoot in die regte rigting.” – John Crosby (vertaling)

Mentorskap bemagtig jong mense, in Afrikaans, om hulle beroep danksy die nodige inligting en vertroue aan te pak. Spesialiste in verskeie beroepe stel hulleself beskikbaar om as beroepsmentors op te tree en om sodoende hulle kennis en ervaring met jong mense in die betrokke beroep te deel.

Mentorskapdag, gevier op 17 Januarie, beklemtoon die waarde van mentorskap in die vorming van lewens en loopbane.

Lees hier waarom jy by Solidariteit se mentorskapprogram moet aansluit.


Om voorspoedig in jou loopbaan te wees, is dit belangrik vir jou om die nodige inligting en leiding van spesialiste in jou beroep te bekom.

Navorsing het bevind dat mentorskap werktevredenheid asook professionele en persoonlike ontwikkeling tot gevolg het vir sowel die persoon wat mentor as die persoon wat aan die ontvangkant is. Werknemers is ook meer geneig om by hul werkplek te bly indien hulle voel hulle kry hulp en dat daar moeite gedoen word met hul ontwikkeling.

Mentorskap in die werkplek kan verskeie vorms aanneem. ʼn Werknemer kan byvoorbeeld deur een van sy eweknieë gementor word om hom of haar aan die organisasie se kultuur bekend te stel en hul touwys te maak oor hoe dinge gedoen word.

Die ander tipe mentorskapverhouding sal wees tussen ʼn meer ervare werknemer en ʼn nuwe of minder ervare werknemer. Die ervare werknemer sal die ander werknemer onder sy of haar vlerk neem en nuwe vaardighede aan hom of haar oordra terwyl die ervare werknemer in die proses ook dalk van hul eie talente identifiseer en ontwikkel.

Die voordele wat ʼn nuwe of minder ervare werknemer kan put uit ʼn mentorskap met ʼn meer ervare werknemer is amper eindeloos. Die mentor kan uiteindelik die bepalende faktor wees of die persoon wat gementor word uiters suksesvol in sy of haar werk gaan wees.

Mentors is dikwels persone wat ook vroeër self ʼn mentor gehad en baie daarby gebaat het, en dus nou dieselfde vir iemand anders wil doen.

ʼn Mentorskapprogram by ʼn werkplek kan help om ʼn leerkultuur te skep waar werknemers deurlopend kennis met mekaar deel. Dit help nuwer, onervare werknemers om hul volle potensiaal te bereik en lei baie dikwels tot beter produktiwiteit.

Mentorskap help ook om leierskap te versterk en om vaardighede in toekomstige bestuurders te skep. Werknemers wat gementor word, het oor die algemeen beter werktevredenheid en voel dat hulle ʼn belangrike rol het om in hul werkplek te vervul.

Dit is egter belangrik om te probeer om die regte mentor aan ʼn spesifieke werknemer toe te wys om te verseker dat die persone gemaklik met mekaar is en dat daar ʼn wisselwerking is wat die gewenste resultate gaan lewer. Dit is ook belangrik dat daar duidelike verwagtinge moet wees en ʼn struktuur om die mentorskap te bestuur.

Solidariteit maak dit egter vir jong mense moontlik om toegang te kry tot verskeie kenners in hul spesifieke beroep wat hul kennis wil deel. Solidariteit se mentorskapprogram het ten doel om jong mense, in Afrikaans, te bemagtig om hulle beroep danksy die nodige inligting en vertroue aan te pak. Spesialiste in verskeie beroepe stel hulself beskikbaar om as beroepsmentors op te tree en om sodoende hulle kennis en ervaring met jong mense in die betrokke beroep te deel.

Lees hier meer oor Solidariteit se mentorskapprogram of klik hier om vir die program in te skryf.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel