loading
Artikels
1 jaar gelede
die-krag-van-n-gemeenskap-le-in-voortgesette-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Die krag van ʼn gemeenskap lê in voortgesette leer

Deur Maryna Eksteen

Solidariteit beskerm nie meer net jou werk nie, maar gee jou nou die geleentheid om jou volle potensiaal te bereik. Dit word gedoen deur jou toegang te gee tot e-leerkursusse, hulp om jou CV saam te stel en aansoek te doen vir werk én te kan netwerk met die mense in jou beroepsrigting!

Opleidingskursusse is die sleutel tot sukses

Die doel van voortgesette leer is om elke lid vir die werkplek toe te rus om relevant te bly in ʼn vinnige veranderende wêreld. Solidariteit se voortgesette leer bied ook beroepspesifieke opleiding vir die bepaalde beroep waarin lede hulleself bevind. Danksê hierdie opleiding kan lede uitstaan bo hul mededingers in die werkplek. Dit verseker ook werksgeleenthede en bevorderingsgeleenthede.

Maak nie saak of jy ʼn onderwyser of ambagsman is nie, daar is iets van alles vir almal. Afrikaners het ʼn plig om hulself onmisbaar in die werkplek te maak. Solidariteit bied dus meer as 60 kursusse aan waarvan die meeste splinternuut op die rak is. Die kursusse is vars, uniek en Afrikaans! Lede van Solidariteit verkry gratis toegang na die kursusse en kan die kursusse aanlyn voltooi in die gemak van hul eie huis of kantoor. Buiten die kursusse vir Solidariteit se elf beroepsnetwerke is daar ook kursusse wat handel oor leefstyl, rekenaarvaardighede en sagte vaardighede. Die geleenthede is eindeloos.

Die kursusse is van wêreldklas gehalte en word deur spesialiste in jou beroepsveld aangebied. Hetsy dit belasting, begrotings, kommunikasie of die KVBA in ʼn neutedop is, hier kan jy jou brein wys wie is baas.

Voortgesette leer is maar net ʼn druppel in die emmer van wat lede kan verwag van Solidariteit se nuwe aanlyn gemeenskap. Ons as die gemeenskap kan nie langer op die staat staatmaak nie en daarom het ons besluit dat #OnsSalSelf ons toekoms in eie hande neem en geleenthede skep waar mense vry, veilig en voorspoedig in hul beroepe kan wees.

Hou die ruimte dop op sosiale media vir meer inligting of klik hier op 2 September 2023 om jou wêreld van werk verder te ontsluit. Ontdek jou Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap en #RaakTuis. Klik hier om meer te lees of sluit hier aan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel