
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Die vonke spat met Sol-Tech se sweis-kortkursus!
Deur Ané Janse van Rensburg
Hiermee roep ons elke selfdoen-entoesias wat graag hul sweisvaardighede wil verbeter! Solidariteit en Sol-Tech vat hande om ʼn opwindende geleentheid te bied vir diegene wat die wêreld van metaalbewerking wil aandurf!
Die Metaal Boogsweis-kortkursus is ontwerp om deelnemers toe te rus met die nodige vaardighede om basiese sweiswerk suksesvol uit te voer. Hierdie kursus bied nie net ʼn praktiese vaardigheid nie, maar dit open ook die deur vir individue om hul eie sweisprojekte te takel, van die bou van hekke tot staalmeubels en nog vele meer.
Die kursus is ʼn gestruktureerde program wat drie weke lank duur, en ʼn kombinasie van teoretiese en praktiese leer bied. Die teoretiese komponent van die kursus kan aanlyn via die leerportaal op Solidariteit voltooi word. Hier leer studente alles van boogsweisveiligheid tot die identifisering van sweisbare metale en die korrekte sweisposisies. Dit bied ʼn gerieflike manier vir studente om kennis op te doen, en kan enige plek voltooi word!
Die praktiese toepassing van die kursus strek oor agt dae en vind plaas op die Sol-Tech-kampus. Hier kry studente in-persoon opleiding onder leiding van ervare instrukteurs. Die praktiese komponent fokus op die implementering van die geleerde beginsels, met spesifieke aandag op sweisvaardighede, veiligheidsmaatreëls en die regte kleredrag. Dit is hier waar die studente die kans kry om hul vaardighede te oefen en te verfyn onder direkte toesig van vakleermeesters.
Potensiële deelnemers moet ouer as 18 jaar wees om in te skryf. Dit is ʼn kursus wat toegespits is op die aanleer van basiese sweisvaardighede, wat beteken dat geen vorige ondervinding in die veld vereis word nie. Dit is ʼn geleentheid vir enige iemand wat ʼn nuwe vaardigheid wil aanleer of ʼn bestaande vaardigheid wil verbeter.
Die koste van die kursus beloop R4 950, wat ʼn goeie belegging is vir die aanleer van ʼn vaardigheid wat splinternuwe deure vir jou loopbaan kan ontsluit! Die eerste inname van die kursus vind op 17 Junie 2024 plaas. Daar is ʼn beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar so moenie op jou laat wag nie. Klik hier en skryf sommer vandag nog in!
Hierdie kursus is die perfekte geleentheid vir die ambagslui om met kreatiwiteit die nuwe leergeleentheid aan te pak! Solidariteit wil elke stap van jou loopbaanpad saam met jou stap! Skep jou gratis profiel en ontdek ʼn wêreld van waardevolle leerhulpbronne en geleenthede.