loading
Artikels
1 week gelede
geniet-n-reeks-voordele-met-jou-solidariteit-lidmaatskap

Foto Krediet: OkayDeer

Jong werkende, geniet ʼn reeks voordele met jou Solidariteit-lidmaatskap

Deur Ané Janse van Rensburg

Sodra die skuif gemaak word van jong mens na jong werkende, is daar ʼn hele nuwe stel geleenthede, uitdagings en leerskole wat jy moet baasraak. Solidariteit wil seker maak dat jy jou stempel in die werkplek afdruk.

Solidariteit se jongwerkende-aanbod is ʼn ruimte waarin jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan kry wat hulle benodig om hul doelwitte te bereik en hul drome te verwesenlik, en waar die meesters in ons gemeenskap hul roeping kan uitleef in die wete dat hulle ʼn nalatenskap vir hul gemeenskap agterlaat.

Deur as ’n jongwerkende lid by Solidariteit aan te sluit, ontsluit jy die volgende voordele:

Werkfasilitering

Op Solidariteit kan jy gratis en vinnig aansoek doen vir vakante poste. Organisasies kan ook ʼn profiel skep en beskikbare poste op ʼn wêreldklasstelsel adverteer. Solidariteit is jou Afrikaanse eenstopplatform vir werk. Lees hier meer.

Regsadvies

Solidariteit bied aan jou regsadvies vir enige arbeidsverwante sake. As ʼn mens nuut tot die  werkende groep is, is dit ʼn riem onder die hart om te weet dat ʼn ondersteunersnetwerk regstaan om jou te beskerm.

CV-bouer

Hierdie voordeel neem die inligting wat lede tydens registrasie deel en plaas dit in ’n treffende, persoonlike Afrikaanse CV. Hierdie inligting sluit in: reeds bestaande opleiding, werkgeskiedenis en ondervinding. Jy kan jou CV aflaai en daarmee aansoek doen vir werk.

Voortgesette leer

Kry gratis toegang tot meer as 70 kortkursusse wat jou kan help om jou volle potensiaal te bereik. Klik hier om meer te lees. Leer jou toekoms oop met Solidariteit!

Toegang tot beroepsnetwerkgroepe

Word deel van ʼn netwerk vir jou spesifieke beroep – gesels saam, woon geleenthede by en ontvang groot afslag op opleidingskursusse. Lees hier meer.

Neem deel aan die mentorskapprogram

Met jou lidmaatskap het jy die geleentheid om aan ons mentorskapprogram deel te neem. Word ʼn mentee en skuur skouers met ʼn kenner in jou beroep. Lees hier meer oor die mentorskapprogram.

Vakansievoordeel

Met dié dat jy besig is om gewoond te raak aan ’n begroting, belasting en om slim met jou geld te werk, verdien jy ’n blaaskans, al is jy platsak! Alle volopbetaalde Solidariteit-lede kry 20%-afslag by ons uitgesoekte ontspanningsoord, Kokoriba.

Belangstellingbepaler

Solidariteit se belangstellingbepaler is ʼn aanlyn vraelys wat deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges opgestel is om jou te help om jou belangstellings te identifiseer. Hierdie psigiometriese toets sal jou kundige advies rakende jou aanleg, vaardighede en karaktereienskappe gee. Leer jouself ken deur Solidariteit en pas dié kennis toe op jou reis na beroepsukses.  

Solidariteit wil saam met jou die oorgang van jong mens na jong werkende aandurf! Jou ledevoordele mag dalk net die sleutel tot jou sukses wees.

Raak tuis by Solidariteit en word deel van ʼn reuse-helpmekaargemeenskap wat saam met jou op jou loopbaanpad stap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel