![hier-is-wat-trump-tot-dusver-oor-afrika-gese-het](https://cms.solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2025/02/Promo-Facebook-Facebook-image-post-67.jpeg)
Foto Krediet: Getty Images
Gekopieër
Hier is wat Trump tot dusver oor Afrika gesê het
Die onlangse uitsprake van president Donald Trump oor Suid-Afrika laat die wêreld gons. Lees hierdie artikel om leidrade te kry oor die kwessies waarop die Trump administrasie moontlik in die toekoms kan fokus.
Deur Charl Oberholzer
President Donald Trump het moontlike planne aangekondig om befondsing aan Suid-Afrika te staak as gevolg van menseregtevergrype in Suid-Afrika, in die besonder met wetgewing soos die Onteieningswet.
Maar wat het president Trump nog oor Afrika gesê wat meer leidrade kan gee oor die kwessies waarop sy administrasie in die toekoms gaan fokus?
- 1. In 2024 het Trump in Aspen, Colorado, by ’n private fondsinsamelingsfunksie aangedui dat onwettige immigrante vanuit Afrika in die toekoms beperk gaan word.
- 2. In sy vorige presidentstermyn in 2017 het hy by ’n geleentheid aangedui dat Afrika vol geleenthede is en dat dit ’n plek is waarheen baie beleggings nog gaan vloei.
- 3. Trump het ook in sy vorige termyn vir die destydse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, gevra om Suid-Afrika se onteiening van grond te bestudeer sowel as die grootskaalse voorkoms van plaasmoorde.
Die verhouding tussen die Withuis en die Suid-Afrikaanse regering is op wankelrige grond, ongeag president Ramaphosa se pogings om te oortuig dat geen menseregtevergrype plaasvind nie. Vertroue tussen dié lande is laag as gevolg van Suid-Afrika se steun aan die Palestynse terroristebeweging, Hamas. Verder is Suid-Afrika ook ongewild oor uitlatings deur die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China, Suid-Afrika en nog vyf ander) dat hulle wil wegbeweeg van die dollar as ’n geldeenheid vir internasionale handel.
Die Solidariteit Beweging het ook aangedui dat hulle met die Trump-administrasie gaan praat en gaan aanhou om vir internasionale druk te vra oor beleidsrigtings wat skadelik is vir die land. Lees hier meer.