Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Is werksoek besig om ʼn voltydse werk te word?
Deur Reon Janse van Rensburg
Vir baie Suid-Afrikaners voel werksoek lankal nie meer soos iets wat jy tussenin doen nie. Dit voel soos ʼn voltydse werk op sy eie.
Een aansoek word gevolg deur nog een. Dan volg ʼn aanlyn vorm, ʼn video-aansoek, ʼn vaardigheidstoets, ʼn persoonlikheidsassessering en verskeie onderhoude. Ná weke of selfs maande se wagtyd kom daar egter dikwels geen terugvoer nie.
Greenhouse beskryf die moderne werksoekproses as sielsdodend. Lang aanstellingsprosesse, gebrekkige kommunikasie en ʼn gebrek aan terugvoer laat baie werksoekers moed verloor. Die frustrasie word verder aangevuur deur sogenaamde “spookposte” – poste wat geadverteer word, maar nooit gevul word nie of waarvoor werkgewers nooit werklik aktief werf nie.
Terselfdertyd speel kunsmatige intelligensie (KI) ʼn al groter rol in werwing. Al hoe meer ondernemings gebruik KI om CV’s te sif, sleutelwoorde te identifiseer en kandidate vir onderhoude te keur. Dit maak dit belangriker as ooit dat werksoekers hul CV’s op datum hou, duidelik skryf en hul ervaring só beskryf dat dit nie net mense nie, maar ook digitale siftingsprosesse aanspreek.
Interessant genoeg wys ʼn verslag van Checkr uit 2025 dat werkgewers ook die prys betaal. Wanneer aanstellingsprosesse te lank sloer, aanvaar sterk kandidate dikwels ander aanbiedinge. Die gevolg is dat werksoekers sowel as werkgewers uiteindelik aan die kortste ent trek.
Die oplossing lê egter nie noodwendig daarin om nóg aansoeke uit te stuur nie. Dit gaan eerder daaroor om slimmer te werk. ʼn Professionele CV, ʼn volledige aanlyn profiel en vinnige reaksie op geskikte poste bly belangrik, maar dit help ook om platforms te gebruik waar werkgewers aktief na geskikte kandidate soek.
Dit is juis waar Solidariteit-aanlyn ʼn verskil maak. As die grootste Afrikaanse eenstopplatform vir werk bring dit werkgewers en werksoekers op een plek bymekaar. Tot dusver het 4 327 werkgewers reeds poste op die platform geadverteer, meer as 15 695 poste is al geplaas en ongeveer 700 vakatures is tans aktief.
Werksoekers kan Solidariteit-aanlyn tot hul voordeel gebruik deur ʼn gratis profiel te skep, dit volledig te voltooi en dit op datum te hou. Dit maak dit makliker om vinnig op relevante poste te reageer en verhoog die kans dat werkgewers hulle raaksien wanneer geskikte geleenthede beskikbaar raak. Slim werksoek gaan vandag nie net daaroor om meer aansoeke uit te stuur nie, maar om meer sigbaar te wees en deur die regte werkgewers raakgesien te word.
Werksoek het ongetwyfeld moeiliker geword as tien jaar gelede. Dit beteken egter nie werksoekers is magteloos nie. Hoe makliker jy die regte geleenthede kan vind, hoe beter voorbereid jy is en hoe vinniger jy met werkgewers in aanraking kan kom, hoe minder hoef werksoek soos ʼn voltydse werk te voel.
Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en kry toegang tot honderde beskikbare poste, duisende werkgewers wat poste adverteer en ʼn werkgemeenskap wat mekaar ondersteun!