Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Jou belastinggids as jong werkende
Deur Ané Janse van Rensburg
As jong werkende staar jy ʼn hele klompie uitdagings in die gesig. Solidariteit wil saam met jou hierdie uitdagings aanpak. Ons wil jou leer om aanpasbaar te wees, verantwoordelikheid in jou lewe te verwelkom en om nuwe inligting met gemak te kan inneem.
Om by jou eerste werk in te stap, vir die eerste keer alleen te bly en om vir die eerste keer jou eie geld te moet bestuur kan beslis oorweldigend wees. Daar is skielik baie administratiewe take wat jy moet afhandel en niemand het jou ooit regtig geleer hoe om dit te doen nie.
“Van jongs af word ons geleer hoe om te skryf, hoe om te lees, wat skoolvakke behels en op universiteit het ons meer geleer oor ons toekomstige beroep. Nooit het iemand verwag dat daar iets is wat ons nie gaan weet nie, totdat ʼn mens jou belasting moet doen, dan is jy op jou eie. Om belasting te betaal is iets wat elke persoon in die wêreld moet doen, maar dis ook iets wat niemand vir ons leer hoe om te doen nie,” sê Chereé Meyer, organiseerder van Solidariteit se Jongwerkende-aanbod.
Belasting kan maklik ʼn las raak, maar Solidariteit wil stap-vir-stap saam met jou kyk na hoe jy belasting kan baasraak! Ons het ʼn kortkursus spesifiek ontwerp om jong mense oor belasting te leer. Hierdie kursus neem maar twee ure, en jy kan dit aanlyn in Afrikaans voltooi. Hierdie opname wat ʼn interaktiewe gesprek saam met ʼn belastingkenner is, gaan jou slim maniere leer om op belasting te spaar en om moontlik geld van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) terug te kry.
Hierdie kursus is gratis aan Solidariteit-lede beskikbaar as deel van die voortgesette leer-aanbod. Indien jy nog nie deel is van Solidariteit nie, skakel hier in en ontsluit ʼn netwerk van wenke, advies en geleenthede om as ʼn jong werkende finansieel slim te raak.