
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Kantoorkampioen, bemagtig jouself met ʼn aktekursus vir regsassistente
Deur René van der Vyver
Assistente is die helde agter-die-skerms van enige professionele kantooromgewing. Hulle hou die wiele van administrasie aan die rol, handhaaf orde en is dikwels die eerste indruk wat kliënte van ʼn maatskappy kry. Dit is juis omdat hierdie rol só belangrik is dat jy verdien om erkenning te kry én om die geleentheid te hê om jouself professioneel te ontwikkel.
Solidariteit se splinternuwe aktekursus vir regsassistente,aangebied deur die Gawie le Roux Regsinstituut, doen presies dít: dit bemagtig jou met praktiese kennis, bou aan jou selfvertroue en plaas jou stewig op die pad van loopbaanbevordering.
Wat behels hierdie kursus?
Hierdie kursus is nie sommer net nog ʼn opleidingsgeleentheid nie – dit is die vlagskip van Gawie le Roux se gespesialiseerde kursusse vir regsassistente en word al sedert 1999 suksesvol aangebied. In ʼn wêreld waar kantoorpersoneel dikwels nie genoeg erkenning kry nie is dit ʼn unieke baken van trots, waarde en vaardigheidsontwikkeling. Die kursus is deel van ʼn breër visie om ʼn netwerk van kantoorpraktisyns te bou – mense wat mekaar ondersteun, leer, groei en hul beroep met trots uitleef.
Leer soos dit jou pas
Jy kan tussen twee trajekte kies: transportaktes of verbande. Die kursus is gestruktureer sodat jy op jou eie tempo én in jou moedertaal, Afrikaans, kan leer. Elke trajek bestaan uit verskeie vlakke wat op mekaar bou – van teorie tot praktiese gevallestudies – wat beteken dat jy nie net boeke lees nie, maar regtig leer hoe om dit in jou daaglikse werk toe te pas. Dit is juis hierdie kombinasie van inhoud en toepassing wat van jou ʼn kantoorkampioen maak.
Wat hierdie kursus nóg meer besonders maak, is die formaat waarin dit aangebied word. Jy kan kies tussen regstreekse Zoom-lesings – opnames wat jy meer as een keer kan kyk – of ʼn selfstudie-opsie met notas. Dit beteken jy kan leer soos dit jóú pas – of jy nou reeds in die beroepswêreld is en of jou loopbaan nou eers begin vorm aanneem.
Prakties, toepaslik en relevant
Die inhoud dek alles van transportaktes en koopkontrakte tot deeltitelskemas en die toepassing van die Wet op Deeltitels. Jy leer nie net teorie nie – jy oefen dit in realiteitsgetroue scenario’s wat jy daagliks in ʼn regspraktyk sal teëkom. Evaluasies word gedoen deur oopboektoetse, wat beteken jy word nie getoets op jou memorisering nie, maar op jou begrip en toepassing van kennis – net soos in die regte wêreld.
Elke vlak se evaluasie wat jy voltooi, bring jou nie net nader aan ʼn beter begrip van jou werk nie, maar beloon jou ook met ʼn “silwer sertifikaat”. En vir dié wat regtig wil uitstaan, wag daar ʼn goue sertifikaat – ʼn simbool van uitmuntendheid wat verkry word wanneer jou werkgewer bevestig dat jy ʼn bepaalde taak (verwant aan die betrokke vlak) foutloos en onafhanklik kan uitvoer. Hierdie sertifikate is nie net ʼn papier op jou muur nie – dit word in die bedryf erken en gerespekteer.
Bereik jou volle potensiaal
Of jy jou kennis wil verdiep, meer selfvertroue in jou rol wil hê of eenvoudig trots in jou beroep wil herontdek – hierdie aktekursus is vir jóú. Dit is ʼn manier om erkenning te kry vir die werk wat jy reeds doen en om nuwe deure oop te maak vir dit wat voorlê.
Solidariteit-lede kwalifiseer vir 15%-afslag op alle vlakke – geldig vir vroeë of normale registrasiefooie. Klik hier vir meer inligting of stuur asseblief ʼn e-pos na kantoor@solidariteit.co.za indien jy hierdie kursus wil bywoon. As jy vinnig wil sien hoekom hierdie kursus soveel waardering geniet, kyk gerus die volgende kort video:
In ʼn kantooromgewing waar erkenning soms skaars is, verdien sekretaresses die geleentheid om hulself te bemagtig. Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk wil jou graag bemagtig om jou rol met trots te vervul, in jou loopbaan te groei en jou volle potensiaal te bereik.
Klik hier en raak vandag nog by jou beroepsgemeenskap betrokke!