Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Klerkskap of jou gemeenskapsjaar: ʼn Volledige oorlewingsgids vir studente
Deur Kyla-Ann du Toit
Jy het pas afstudeer en het ʼn nuwe avontuur wat op jou wag – jou klerkskap of ʼn gemeenskapsjaar. Vrae soos “Hoe moet ek dit doen?” of “Wat nou?” maal in jou kop en jy is onseker oor wat die toekoms vir jou inhou.
Jy hoef egter nie te bekommer nie, want Solidariteit is hier om jou by te staan! Hier is ʼn paar wenke wat jou kan help om jou klerkskap of gemeenskapsjaar suksesvol te takel:
Wys professionele toewyding en etiek
- • Stiptelikheid en betroubaarheid: Wees altyd betyds, goed voorbereid en gereed vir elke skof of taak. Dit sal toon dat jy toegewyd is aan jou werk.
- • Eerlikheid en deursigtigheid: Indien jy iets nie weet nie, erken dit en wees bereid om te leer. Dit wys integriteit en volwassenheid.
Neem inisiatief
- • Wees bereidwillig om uitdagende take aan te pak: In plaas daarvan om slegs die gewone verantwoordelikhede in jou werk te hanteer, bied aan om ekstra werk te doen of moeiliker projekte te hanteer. Dit wys dat jy bereid is om meer te leer en jou vaardighede uit te brei.
- • Los probleme op: As jy ʼn probleem ondervind, doen moeite om dit self te probeer oplos voordat jy om hulp vra. Dit wys dat jy oplossingsgerig en onafhanklik is.
Ontwikkel sleutelvaardighede
- • Verhoog jou praktiese kennis: Leer om noodsituasies vinnig en doeltreffend te hanteer. Maak seker wat van jou verwag word en doen navorsing oor die dinge waaroor jy onseker is.
- • Kry meer ervaring in jou veld: Vir dokters is dit goed om saam met senior personeel tydens rondes en prosedures te werk om jou kliniese oordeel en praktiese vaardighede te verbeter. As regspraktisyn, is dit belangrik om hofsittings by te woon en uit daardie ervarings te leer.
Kommunikeer doeltreffend
- • Duidelike en respekvolle kommunikasie: Wees duidelik en respekvol wanneer jy met kollegas, kliënte en pasiënte kommunikeer. Weet wanneer om te luister en wanneer om jou mening te deel. In Solidariteit se kursus Kommunikasie in jou werkplek word wenke vir doeltreffende kommunikasie in die werkplek bespreek en dit is gratis vir Solidariteit-lede.
- • Vra vrae en soek mentorskap: Om ʼn voorspoedige loopbaan te hê, is dit belangrik dat jy die nodige inligting en leiding van spesialiste in jou beroep bekom. Moenie bang wees om vrae te vra of vir ander om hulp te vra nie. Vra senior kollegas vir terugvoer en gebruik dit om jou vaardighede te verbeter. Jy kan ook van Solidariteit se mentorskapprogram gebruik maak wat ten doel het om jong mense met kundiges in ʼn spesifieke beroep bymekaar te bring.
Bou professionele verhoudings
- • Spanwerk: Bewys dat jy ʼn betroubare spanmaat is deur ondersteuning en hulp aan kollegas te bied. Dit sal jou help om professionele verhoudings te bou en jou kollegas se vertroue te wen.
- • Bou ʼn professionele netwerk: Bou sterk verhoudings met senior personeellede, mentors en kollegas. ʼn Professionele netwerk kan vir jou verskeie loopbaan- en ontwikkelingsgeleenthede bied. Solidariteit se jaarlikse Student tot Meester-netwerkgeleentheid bied vir studente die ideale geleentheid om met gevestigde kenners in hulle spesifieke beroepe te netwerk wat jou kan help om beter te verstaan wat dit verg om in jou beroep uit te blink.
Wees aanpasbaar en leer vinnig
- • Probeer om vinnig by nuwe omgewings aan te pas: Of jy nou ʼn nuwe afdeling betree of met verskillende personeellede werk, bewys dat jy aanpasbaar is. Danksy Solidariteit se verskeie hulpbronne vir studente en jong werkendes, soos onder meer studierigting-spesifieke slypskole, verskeie gidse, leesstof en advies, kan jy jou werk met ʼn volledige aksieplan aanpak en sommer vinnig jou voete in jou nuwe werksomgewing vind.
- • Gebruik terugvoer vir verbetering: Om foute te maak is menslik! As jy kritiek ontvang, gebruik dit as ʼn geleentheid om te groei en te verbeter.
Beplan jou loopbaanpad
- • Stel duidelike loopbaandoelwitte: Wys jou belangstelling in jou toekoms deur vir jouself loopbaandoelwitte te stel en daartoe te werk. Begin nou al om relevante kontakte en geleenthede te soek wat jou in jou loopbaan sal help.
- • Soek geleenthede vir professionele groei: Woon opleidingsgeleenthede by en voltooi kortkursusse of seminare om jou kennis en vaardighede te verbreed. Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer sal jou help om in jou loopbaan te groei en bo jou mededingers uit te staan.
Bestuur jou tyd en energie
- • Tydsbestuur en prioritisering: Jy gaan gereeld baie take moet doen en lang ure moet werk. Dit is dus nodig dat jy jou tyd goed bestuur en jou take doeltreffend afhandel.
- • Sorg vir jou fisieke en emosionele gesondheid: Dit is maklik om deur die druk oorweldig te word. Sorg dat jy goeie selfsorgpraktyke prioritiseer wat liggaamlike, geestelike en emosionele welstand verbeter om sodoende uitbranding te voorkom.
Maak ʼn positiewe indruk
- • Doen elke taak met toewyding: Ongeag hoe klein of algemeen die taak mag lyk, doen dit met ywer en akkuraatheid.
- • Wys empatie en respek: Wees respekvol en empaties teenoor pasiënte, kliënte en kollegas. Jou benadering tot mense kan ʼn groot verskil maak in hoe jy onthou en geag word.
Solidariteit is jou loopbaanvennoot in hierdie onbekende avontuur wat vir jou voorlê. Danksy Solidariteit se Studente-aanbod kan jy jouself met kennis, geleenthede en netwerke bemagtig sodat jy jou loopbaan met mag en mening kan aanpak. Solidariteit berei jou voor vir ʼn blink en voorspoedige toekoms!
Vind #JouStem, bemeester #JouStudie en wees voorbereid vir #JouWerk saam met Solidariteit. Jou klerkskap of gemeenskapsjaar gaan nou soveel makliker wees!