loading
Artikels
1 week gelede
student-solidariteit-bied-vir-jou-n-antwoord-as-nuwe-werksoeker

Foto Krediet: OkayDeer

Student, Solidariteit bied vir jou ʼn antwoord as nuwe werksoeker!

Deur Kyla-Ann du Toit

As ʼn student wat binnekort die arbeidsmark vir die eerste keer gaan betree, is dit noodsaaklik om slim en strategies te wees oor wáár en hóé jy werk soek. Solidariteit bied ʼn gebruikersvriendelike werkfasiliteringsplatform aan wat werksoekers help om relevante werksgeleenthede te vind en om met werkgewers kontak te maak – en dit is ʼn betroubare diens waarvan jy maklik gebruik kan maak!

Solidariteit is die grootste Afrikaanse aanlyn bymekaarkomplek vir jong mense. Hiér help ons jou om as ʼn jong werkende die wêreld van werk baas te raak, en bemagtig ons jou om jou volle potensiaal te bereik. Vir werksoekers begin dit met die skep van ʼn gratis profiel. Hierdie profiel bevat persoonlike inligting, soos jou kwalifikasies, werkservaring en kontakbesonderhede. Voltooiing van hierdie profiel is noodsaaklik omdat dit jou aanlyn CV word wat werkgewers dié inligting bied wat hulle benodig om te bepaal of jy geskik is vir die pos waarvoor jy aansoek doen.

Danksy Solidariteit se CV-bouer is dit nou makliker as ooit om ʼn indrukwekkende CV op te stel en af te laai en wat gereed is om aan potensiële werkgewers voorgelê te word. Gaan lees hierdie wenke om te verseker dat jou eerste CV een is wat ʼn blywende indruk sal laat.

Is dit nodig om my persoonlike inligting in te vul?

Dit is belangrik dat jy jou persoonlike inligting akkuraat en volledig op jou Solidariteit-profiel invul. Dit verhoog jou kanse om vir ʼn onderhoud genooi te word. Werkgewers is op soek na kandidate met spesifieke vaardighede en ervarings, en hoe vollediger jou profiel, hoe makliker is dit vir hulle om te bepaal of jy die regte kandidaat vir hulle pos is.

Solidariteit help jou om die regte werksgeleenthede wat op jou persoonlike inligting en kwalifikasies gebaseer is, te vind. Dit skep ʼn meer gerigte soekervaring, waar jy poste kan vind wat jou loopbaanplan kan laat verwesenlik.

Benut Solidariteit se unieke hulpbronne vir studente om jou werksoekproses nóg makliker te maak:

  • Student tot Meester-geleentheid: Hierdie program gee jou praktiese ervaring en blootstelling aan mense in jou gekose veld, wat jou sommer ʼn stewige voet in die deur gee.

Kursusse vir voortgesette leer: ʼn Mens moet nooit ophou om te leer nie. Solidariteit bied nagenoeg 150 beroepspesifieke kursusse aan wat jou sal help om in jou loopbaan te groei en bo jou mededingers uit te styg. Dit dek onder meer kursusse wat handel oor kommunikasie in die werkplek tot ʼn slypskool vir regstudente …

  • Beroepsnetwerke: Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waarin jy in jou beroep kan tuisvoel, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak aan toekomsgeleenthede vir die volgende generasie. As ʼn student wat binnekort ʼn jong werkende gaan wees, is Solidariteit se beroepsnetwerke jou nuwe beroepstuiste!
  • • ʼn CV– en onderhoudgids: Verseker dat jou CV uitstaan en leer aan hoe om ʼn selfversekerde indruk tydens onderhoude te maak.

Bianca Prinsloo, ʼn regstudent en jong werkende, deel haar Solidariteit-suksesverhaal: “Om werk te soek was nog nooit so maklik en betroubaar nie. Ek het presies gekry waarna ek gesoek het, en die proses op Solidariteit was só gerieflik. En ek kon dit boonop alles in Afrikaans doen!”

Solidariteit is meer as net ʼn werksoek-portaal – dit is jou loopbaanvennoot op jou pad na sukses. Begin vandag nog jou reis op soek na werkdeur jou gratis profiel op Solidariteit te skep en klik hier om vandag nog deel te word van Solidariteit se Studentelewegroep waar jy jouself kan bemagtig met kennis, geleenthede en netwerke.

Solidariteit berei jou voor vir ʼn blink en voorspoedige toekoms, want #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel