loading
Artikels
1 jaar gelede
kursusse-vir-voortgesette-leer-vir-onderwysers

Foto Krediet: OkayDeer

Kursusse vir voortgesette leer vir onderwysers

Deur René Brown

Deur voortgesette leer ʼn prioriteit in jou loopbaan te maak, kan jy jou vaardighede deurlopend opskerp en jou kennis verbreed om te verseker jy is so doeltreffend as moontlik in jou rol as onderwyser. Solidariteit bied verskeie kortkursusse wat onderwysers kan help met verskeie aspekte wat met hulle dagtaak verband hou – van administratiewe take tot die hantering van verskillende persoonlikhede in die klaskamer. Plaas vandag nog hierdie kursusse, wat gratis beskikbaar is vir Solidariteit-lede, op jou moet-doen-lys!

Omgekeerde klaskamer

Tegnologie is nou meer as ooit tevore onvermydelik met ons daaglikse lewens verweef. Tog is aanvaarding van tegnologie steeds traag by baie skole. Daarom het die tyd aangebreek dat die onderwys by veranderende tye aanpas of agterbly. Hierdie kursus bied die geleentheid om kennis te maak met ʼn onderrigmetode wat jou sal toelaat om in die huidige skoolstelsel uit te blink. Duur van kursus: 12 weke.

Mentorskap-opleiding

As ʼn onderwyser sal dit dikwels van jou vereis word om as ʼn mentor vir ʼn onderwysstudent op te tree gedurende die student se proeftydperk by ʼn skool. As jy aangewys word as die voogonderwyser/mentor, speel jy ʼn kritieke rol in die professionele ontwikkeling van daardie student. Dit is daarom wys om jouself so goed as moontlik vir dié rol voor te berei. Hierdie kursus bied algemene mentorskap-opleiding wat jou in staat sal stel om jou kennis en vaardighede so doeltreffend as moontlik aan ʼn proefonderwyser oor te dra. Duur van kursus: 1 week.

Temperamente in jou klas

Wanneer dit by jou rol in die klaskamer kom, is een ding seker: jy gaan ʼn wye verskeidenheid van persoonlikhede in jou klaskamer teëkom, en elkeen van hulle verg dan ook ʼn unieke benadering. In hierdie kursus word die onderskeie temperamente, en hoe om dit te hanteer, verduidelik. Duur van kursus: 1 uur.

ʼn Reeks Microsoft-kursusse

Maak jou administratiewe pligte makliker! Jy kan jouself soveel tyd spaar deur waardevolle wenke en kortpaadjies van dié drie Microsoft platforms onder die knie te kry en dit toe te pas: Microsoft Excel: Basies tot gevorderd, Microsoft PowerPoint en Microsoft Word. Die duur van elke Microsoft-kursus is 1 week.

Kleredrag in die werkplek

Die uitdrukking, die vere maak die voël, geld by uitstek in die werkplek. Hoe jy aantrek kan beskou word as ʼn weerspieëling van hoe ernstig jy jou pos en jou werkplek opneem. Dit beteken glad nie dat jy ʼn plaas se prys aan ontwerpersuitrustings hoef te betaal om te bewys dat jy jou werk ernstig opneem nie. Die kursus oor kleredrag in die werkplek bied wenke om te verseker dat jy stylvol en professioneel lyk sonder dat dit jou platsak laat. Dit verduidelik ook die verskille tussen formele, professionele, semiformele en informele drag. Duur van kursus: 1 dag.

Skep vandag nog jou Solidariteit-profiel om toegang te kry tot die leerportaal.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Geen soortgelyke artikels gevind nie